Kabinet sê oor watervermorsing
Streng opgetree teen regeringsinstansies
Elvira Hattingh – Die kabinet het sterk standpunt ingeneem teen watervermorsing in regeringskantore, skole, residensiële woonstelle en semi-staatsinstellings.
Dit het ook onder meer die ministerie van landbou, water en bosbou toestemming gegee om roetine-inspeksies by openbare instellings te doen om waterlekkasies te soek.
Alle ministeries, regeringskantore en -agentskappe moet voorts hul begroting vir onderhoudswerk gebruik om waterlekke en foutiewe waterinfrastruktuur te herstel. Dit sal in samewerking met die Windhoekse munisipaliteit se tegniese span gedoen word.
Alle kantore moet ook voorts twee “waterbeamptes” aanstel, wat daarvoor verantwoordelik sal wees om waterlekkasies te soek en aan te meld. Hulle moet toesien dat gereelde onderhoudswerk in hul onderskeie waternetwerke gedoen word en minstens weekliks watermeterlesings neem om seker te maak water gaan nie as gevolg van lekkasies verlore nie.
Waar betrokke instansies nie die tegniese vermoë het om onderhoudswerk te doen nie, moet dié vaardighede ontwikkel word en kapasiteit daarvoor gebou word.
Die kabinet het verder opdrag gegee dat al bogenoemde instellings onderrigsveldtogte vir werknemers moet aanbied sodat hulle oor basiese waterbesparing, die bewaring en bestuur daarvan kan leer.
Boonop is die ministerie van landbou, water en bosbou gemagtig om roetine-inspeksies uit te voer in enige openbare instansies in Windhoek asook op ander dorpe wat van die sentrale waterverskaffingstelsel afhanklik is.
“Die kabinet steun die gepaardgaande waterbesparingsveldtog wat uitgevoer sal word en gee toestemming vir waterveldtogte om in Windhoek en ander dorpe van stapel gestuur te word,” lui ’n persverklaring deur die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie.
Die kabinet het ook die bloudruk op die herverspreiding van welvaart en die uitwissing van armoede goedgekeur en gesê dit steun die beplande slypskool oor die implementering hiervan, wat voorts deur die ministerie van armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn aangebied sal word.
Verder is toestemming aan die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping gegee om vanaf 10 tot 12 Oktober die 12de Vergadering van die Afrika Streekarbeid- en Administrasiesentrum (ARLAC) op Walvisbaai te hou.
Die ministerie van die omgewing en toerisme sal voorts ook die handves vir jag, wild- en habitatbewaring in Afrika onderteken en het opdrag van die kabinet ontvang om ’n leiersrol aan te neem en seker te maak dat dit ook deur die regerings in Mosambiek, Suid-Afrika, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe onderteken word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie