Jy hoef nie Naas Botha of Theuns Kotzu00e9 te wees
Jy hoef nie Naas Botha of Theuns Kotzu00e9 te wees

Jy hoef nie Naas Botha of Theuns Kotzé te wees

Andrew Poolman
As halftydvermaak het die Blou Bulle Rugbymaatskappy glo ’n tyd terug ’n vertoning van die polisie se honde-eenheid op Loftus laat optree, lees ek iewers.
Volgens die skrywer was dié ver­toning darem meer vermaaklik as wat sommige ander unies opdis – insluitend sekere “sangers” wat jou laat terugverlang na die dae van val­skermspringers en kaalnaelers.
In Windhoek moes ons die afgelope twee seisoene gewoond raak aan die skopkompetisie waarin vier of vyf gelukkige toeskouers op sowat 20 of 30 treë die bal binne ’n kleinerige area laat probeer eindig. Hulle mik na die vierhoekige teikengebied wat deur vier van die borg se advertensie­kussings gevorm word en kan met ’n suksesvolle poging ’n klompie dollars wen.
Is ek die enigste een wie se geduld opgeraak het om te sien hoe die mense sukkel met iets wat in werklikheid ’n betreklik lae vlak van vaardigheid vereis?
Dis tyd om die resep weg te gee. Want met ’n klein bietjie oefening kan enigiemand mos ’n rugbybal stuur waar jy hom wil hê – ongeag of jy die tienermeisie, die oorgewig middeljarige man of die klein seuntjie uit ’n informele nedersetting is wat nie noodwendig met die vreemde gedrag van die ovaalbal grootgeword het nie.
Wees gerus – die taak vereis nie noodwendig atletiese talent of wonderlike natuurlike “ball sense” nie. En “geluk” is ook nie die enigste vereiste nie.
Dit werk so. As jy ’n rugbybal aan sy twee punte vashou en dan teen die “platter” kant skop, is die kans bra min om dit op ’n onveranderlike reguit koers te stuur. Dit sal meer geneig wees om rond en bont te wip en op die laaste plek te eindig wat jy eintlik bedoel het.
’n Veel meer voorspelbare manier word aanbeveel. Draai liewer die bal met sy twee “punte” gerig in die lyn waarin jy dit wil skop. Wanneer die bal jou hande verlaat, behoort dit steeds in hierdie posisie te bly.
Jou skopvoet kan ook ietwat gepunt word sodat jou tone grond toe wys. Met die deurswaai van jou voet tref jy die bal op daardie hoek waar die vier nate byeen kom, of eintlik net onder daardie punt, sodat die ovaalbal in sy lengte tol en in ’n reguit lyn “bolle­makiesie” slaan totdat dit tot stilstand kom.
Die enigste oorblywende uitdaging is dan om te oordeel presies hoe hard of sag jou skop moet wees om dit in daardie beperkte stukkie teiken­gebied te laat beland – eerder as dat die bal duskant bly lê of anderkant verbyrol.
Naas Botha het jare gelede ’n soort handleiding uitgegee, getiteld Skop saam met Naas Botha. Hierin het hy sy tegniek vir elke soort skop woordeliks en met ’n fotobeeld uiteengesit. Sy goue reël is op bykans elke bladsy herhaal, naamlik: “Hou jou kop af en jou oë stip op die bal.”
Naas was ook ’n voorstander dat jy dit vooraf visualiseer hoe jy dit perfek gaan uitvoer voordat jy tot aksie oorgaan.
Ek hoop dit gee komende naweek se kandidate iets om mee te werk. Hopelik is die hoofpawiljoen stampvol (WP-ondersteuners?) om in jou glorie-oomblik te deel.
My regsadviseur het aanbeveel dat ek ook ’n “disclaimer” moet byvoeg. Moenie by my kom kla as jy nie een van die gelukkige mense is wat uit die pawiljoen genooi word om aan die skopkompetisie deel te neem nie.
Dis ook nie my skuld as jy nie die teiken raakskop nie. Jy is op jou eie. Dis ook nie my probleem as daar meer as een wenner is en “jou” prysgeld word in twee of drie verdeel nie.
My regsadviseur reken ek sal my gebruiklike kommissie van 17 persent kan eis, hoewel ek nie verwag hierdie transaksie gaan werklik só wins­gewend uitwerk nie.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%