JSE by rekord, maar banke, kleinhandel val
JSE by rekord, maar banke, kleinhandel val

JSE by rekord, maar banke, kleinhandel val

Die opbrengs wat ’n belegger in die JSE as geheel verdien het, staan op 15,64% vir die jaar tot dusver, dividende uitgesluit.
Hanlie Stadler - Die JSE laat die rekords spat, maar vir al die verkeerde redes. Dis ook ’n ope vraag of die rekordlopie nog lank gaan voortduur.

Dít is die kommer nadat die beurs Donderdag op ’n nuwe algehele rekord van 58 576,29 punte gesluit het. Die beurs het in Oktober 9 rekords uit die 19 handelsdae tot dusver aangeteken. Net 3 handelsdae bly vir die maand oor.

Dit bring die opbrengs wat ’n belegger in die JSE as geheel verdien het, op 15,64% vir die jaar tot dusver te staan, dividende uitgesluit.

Die rekords is aangedryf deur randsverskansers, met Naspers wat die swaarste gewig aan die lopie verleen omdat dit 17,47% van die markwaarde van die beurs verteenwoordig.

Naspers het in Oktober reeds 13 rekords gehaal en Donderdag ook op ’n rekord – R3 373 per aandeel – gesluit.

Hulpbronaandele het ook goed gevaar omdat beleggers verreken dat hulle hul produkte in dollar verkoop, en dus ’n stewiger rand-inkomste het as die rand verswak.

Impala Platinum het net Donderdag met 13,12% opgeskiet tot R37 – die hoogste styging in 18 maande. Sedert Dinsdag het die platinummaatskappy met 15,09% gestyg.

Die rekords kom te midde van ’n skerp verswakking in die rand sedert Malusi Gigaba, minister van finansies, se somber mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) van Woensdag.

Bankslagting

Die aandeelpryse van banke het die afgelope twee dae ’n enorme slagting beleef.

Dit toon dat die staat se skuld teen 2022 60,8% van die bruto binnelandse produk (BBP) kan bedra, teenoor die huidige 54,2%. Die begrotingstekort styg ook vanjaar tot 4,3% van die BBP, teenoor die 3,1% van die BBP wat nog in Februarie voorspel is.

Die rand het Vrydagoggend vroeg teen byna R14,29 per Amerikaanse dollar verhandel.

Dit was egter nie net wen-wen op die JSE nie. Die aandeelpryse van banke het die afgelope twee dae ’n enorme slagting beleef soos wat beleggers begin inprys dat Suid-Afrika waarskynlik weer afgegradeer gaan word.

Rommelstatus vir randgedenomineerde staatseffekte wink by Moody’s Investors Service en Standard & Poor’s Global Ratings (S&P); dis reeds rommel by Fitch Ratings.

Winkelgroepe

Sommige kleinhandelaars het ook oor die afgelope paar dae deurgeloop omdat hulle as besonder blootgestel aan die plaaslike ekonomie beskou word. Die swakker rand weens die verwagte afgradering gaan inflasie weer opdruk, die kans vir laer rentekoerse verlaag, en daar is ook die verwagting dat belasting in 2018 skerp gaan styg. Dit alles sal druk op verbruikers se besteding plaas.

Só het die drie groot kleinhandelaars sedert Dinsdag gevaar, met Pick n Pay wat teen die stroom op geswem het:

Shoprite: -1,17% tot R205,65

Woolworths: -1,35% tot R56,29

Pick n Pay: +1,57% tot R59,65

Kommer oor effekte

Die impak van die MTBR kan ook gesien word in die effektemark. Die opbrengskoers op tienjaar-effekte het tot 9,37%, die hoogste in 16 maande, gestyg. Slegs Turkye het ’n hoër opbrengskoers.

Buitelanders het net op Woensdag R5,13 miljard se effekte verkoop. Dis die meeste in ses jaar, volgens syfers van die JSE.

Nóg miljarde se effekte sal verkoop word indien S&P en Moody’s staatskuld afgradeer omdat Suid-Afrika dan uit wêreldeffekte-indekse sal val, vernaam Citigroup se World Government Bond Index (WGBI), waarin beleggers US$2 000 miljard belê het.

Buitelanders besit 41% van die R1 970 miljard se staatseffekte in rand.

JPMorgan Chase & Co raam dat nagenoeg R200 miljard uit Suid-Afrika sal vloei indien Suid-Afrika uit die WGBI val. Ander ramings wissel tussen R85 miljard en R130 miljard. – Netwerk24

Kassie

Só vaar banke

Sedert Dinsdag (voor die MTBR) het banke se aandeelprys as volg geval:

Barclays Africa (Absa): -4,68% tot R136,30

Standard Bank: -3,85% tot R160,01

Nedbank: -3,74% tot R205,90

FirstRand (FNB, RMB): -3,36% tot R51,20

Investec: -1,44% tot R96,79

Capitec: -0,97% tot R921

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%