Januarie moet eis van N$72 miljoen wysig
Januarie moet eis van N$72 miljoen wysig

Januarie moet eis van N$72 miljoen wysig

Twee kriminele sake van aanranding en onwettige inhegtenisneming deur die Namibiese polisie is Woensdag vir uitspraak aangehoor.
Kristien Kruger
Kristien Kruger – Die president van die Namibiese Vervoer- en Taxi-unie (NTTU) se skadevergoedingseis van N$72 miljoen rakende sy beweerde aanranding, dreigemente en onwettige inhegtenisneming deur lede van die polisie, se saak is Woensdag tot 8 Desember uitgestel.

'n Hofbevel is deur regter Esi Schimming-Chase uitgereik wat mnr. Werner Januarie, wat homself in die saak verteenwoordig, beveel om sy eis te wysig.

Januarie is verlede jaar tydens Namibië se Vlak 3 Covid-19-regulasies in hegtenis geneem, omdat hy nie sy masker in die openbaar gedra het nie.

Hy beweer die destydse regulasies het gestipuleer mense sal gewaar­sku word as hulle nie die maatreëls nakom nie en sal eers in hegtenis geneem word indien hulle daarna steeds weier.

Volgens Januarie het die polisie hom nie gewaarsku of die geleentheid gegee om sy masker op te sit voordat hulle hom in hegtenis geneem en na die Wanaheda-polisiekantoor geneem het nie.

Hy het ook strafregtelike klagte teen hom waarvoor hy nog in die hof moet verskyn.

Die respondente in die saak is mnr. Frans Kapofi, die voormalige minister van binnelandse sake, immigra­sie, veiligheid en sekuriteit; die nasionale polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga; die aanklaer-generaal, me. Martha Himalwa; die prokureur-generaal, mnr. Festus Mbandeka; en president Hage Geingob.

Januarie eis N$10 miljoen vir die skending van sy menswaardigheid; N$10 miljoen vir die skending van sy menseregte en vryheid; 'n bykomende N$20 miljoen vir emosionele skade en sielkundige lyding wat hy moes verduur; N$5 miljoen vir kwaadwillige inhegtenisneming; N$5 miljoen vir wrede en vernederende behandeling; en laastens N$7 miljoen vir agterstallige inkomste en ontneming van werk.



EIS AFGEWYS

Nog 'n regsgeding teen die ministerie van veiligheid en sekuriteit met betrekking tot 'n beweerde aanranding deur lede van die polisie is Woensdag in die hoërhof in Windhoek afgehandel.

Mnr. Johannes Natangwe het aangevoer twee lede van die Namibiese polisie het hom op 4 Oktober 2019 aangerand. Volgens hom het hulle hom geslaan, geklap, geskop en toe in hegtenis geneem.

Hy het glo beserings aan sy kop, maag en ribbes opgedoen en moes mediese hulp ontvang.

Natangwe het N$100 000 geëis van die ministerie van binnelandse sake, veiligheid en sekuriteit, die Windhoek-stadsraad en die twee betrokke polisiebeamptes wat hom na bewering aangerand het.

Natangwe het beweer sy reg op waardigheid is geskend en dat hy onmenslik en vernederend behandel is. Hiervoor het hy N$50 000 geëis.

Hy het 'n bykomende N$50 000 geëis vir die vernedering, skok, pyn, lyding en sielkundige trauma wat hy ervaar het.



ONTKEN AANRANDING

Die respondente het erken twee lede van die Namibiese polisie het die klaer op 4 Oktober in hegtenis geneem, maar ontken dat hulle hom aangerand het.

Volgens hofstukke het die twee konstabels 'n klag van die Telecom Teleshop in Maerua Mall-inkoopsentrum ontvang dat Natangwe gepoog het om werknemers te beroof.

“Hulle het hul wetlike plig nagekom en het binne die perke van hul werksbeskrywing opgetree,” luidens die hofstukke.

Die respondente het verder gesê die klaer het geen beserings gehad toe hy by die Windhoekse polisieselle opgeneem is nie.

“Toe hy op 5 Oktober vir ondersoek-doeleindes uit die selle geneem en weer teruggebring is, het hy nie enige beserings gehad nie en toe hy op 7 Oktober hof toe vervoer is en weer teruggebring is, het hy ook geen besering gehad nie,” volgens die hofstukke.

Natangwe het getuies geroep om sy saak te ondersteun. Een van die getuies was sy neef.

Regter Orben Sibeya het bevind daar was verskeie teenstrydighede in die getuies se weergawes van die gebeure.

Die regter het die eis van die hand gewys en die saak is van die rol geskrap.– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%