Ingilse bring onbekende faktor na Vegkop

Die Koedoebulle hou veral 'n sterk reserwebank teen die toerspan gereed.
Tielman van Lill
Tielman van Lill



Die Samsung Windhoek Hoërskool Koedoebulle gaan die onbekende karakter van die besoekende Birkenhead College uit Engeland beproef wanneer hulle vandag net ná vyfuur by WHS se FNB Vegkopstadion op die veld draf.

Birkenhead College, wat op 9 Augustus sy 159ste bestaansjaar vier, het wel 'n paar jaar gelede in Namibië getoer, maar uiteraard is bitter min oor die besoekende spelers bekend.

WHS 1 het die komende naweek geen ligaverpligtinge nie en kan dus die kragmeting vir 'n paar proefnemings met kombinasies gebruik en terselfdertyd van sy junior spelers inspan.

WHS, wat ná ses wedstryde in vanjaar se Momentum o.19-premierliga met 45 ligapunte in die derde posisie is, is stadig maar seker besig om sy stempel as 'n sluimerende krag af te druk. Die ligbloues moes laas naweek hard werk om PSG Pro-Ed Akademie met 20-8 onder te kry, in 'n wedstryd waarin die Swakopmunders se hegte verdediging een van die uitstaande faktore was.

Erik Strauss, WHS se kaptein wat van onlangse harsingskudding herstel het, het van die bank af gewys hy is so reg soos 'n roer en sal vandag sy span met sy gebruiklike passie en voorbeeld lei.

Henry Kemp, hoofafrigter van die Koedoebulle, sê sy span is gereed om al sy spelers 'n kans op die veld te gee.

“Behalwe dat ons weet die ouens kom van Engeland af, het ek geen idee wat die standaard van hul spel is nie. Ek het basies geen inligting oor Birkenhead nie. Dalk is die ouens goed; mens sal nooit weet nie. Ons moet maar kyk wat op die veld gebeur en daarby aanpas. Ek glo dit sal die seuns stimuleer om vir 'n slag teen onbekende opposisie met 'n ander tipe spelstyl en temperament te speel.

“Soos sake tans op die ligaleer staan, kan ons moontlik vir die Superliga-fase kwalifiseer en ek wil (vandag) gebruik om proefnemings vir die toekoms te maak. Ons gaan beslis 'n paar nuwe kombinasies probeer. Ek wil veral vir die jonger spelers 'n kans gee om te begin en dan later die gereelde senior spelers op Birkenhead loslaat.

“Al die reserwes sal speelkans kry om hulself te bewys. Dit kan streng gesproke die laaste kans vanjaar wees wat hulle sal kry om hul merk vir die eerste span te maak.

“Daar is werlik baie talent en soveel seuns wat hul hande opsteek. Vir ons as afrigtingspan maak die talent wat tot ons beskikking is dit moeilik om 'n span te kies.

“Behalwe Erik Strauss wat van harsingskudding herstel het en weer topfiks op sy pos is, het ons tot dusver regtig 'n baie geseënde jaar sonder ernstige beserings gehad. Met Erik terug op sy pos gaan ons die vuurvreterhaker JC Rossouw, wat vir Erik as kaptein tydens sy afwesigheid ingestaan het, van die bank af speel.

“Dit gaan 'n lekker oefenwedstryd wees waar ons manne soos die agtsteman Sheron Rossouw, losskakel Geraldo Beukes, stut Oppies Opperman en flank Rowan Jansen van die reserwebank af gaan gebruik. Almal van hulle het laasweek vir die Namibiese Akademiespan in Bloemfontein gespeel,” het die breier afgesluit.

Strauss sê dit gaan lekker wees om 'n nuwe uitdaging aan te pak wat hul gaan toets.

“Van ons kant af sien ons nogal baie uit daarna, want dit is lekker om vir 'n slag teen 'n onbekende teenstander te speel. Behalwe ons normale voorbereiding, kan ons nie werklik planne vir Birkenhead beraam nie. Hulle is 'n totaal onbekende faktor wat ons karakter gaan toets, dus sal ons hulle vanaf die afskop moet vasvat.

“Ons sal met die kragmeting weer baie nuwe dinge kan leer. Byvoorbeeld om te sien hoe hulle dinge in die verskillende fasette van die spel uitvoer. Ons kan leer en dit moontlik verbeter en weer in ons span toepas. Met ons toer in Portugal het ons baie geleer en as ons by hulle kon kers opsteek, kan ons dit des te meer by die Engelse ook doen.”



HARDE LIGASTRYDE WAG

“Al ons ouens wat na die Akademieweek in Suid-Afrika was, sal as reserwes opkom. Dit gee die jonger manne die geleentheid om 'n speelkans te kry en ook ondervinding op te doen. Van die span se kant af sien ons geweldig uit na vandag se botsing en leerproses.

“Maklik gaan dit beslis nie wees nie en ons sal ook nie sommer oor hulle kan loop nie. Dit gaan 'n harde wedstryd wees en dit is presies wat ons nodig het.

“Ons laaste twee ligawedstryde in die groepfase is teen KMC/JCC Affies volgende Woensdag (17 Julie) en teen die onoorwonne voorloper Tsumeb Gimnasium drie dae later by Vegkop. Dit gaan beide klipharde botsings wees.

“Dus is (vandag) se uitstappie net die regte medisyne wat die dokter voorgeskryf het om ons vir Tsumeb Gim en Affies te slyp. Dit gaan nie maklik wees nie, maar ons sien geweldig uit na vandag en die res van die seisoen,” het Strauss aan Republikein vertel.

Die 2019 Momentum-ligas in alle ouderdomme se kwarteindrondes word op 26 en 27 Julie in Windhoek by die Hage Geingob-stadion asook by Trustco United se veld in Olympia afgehandel.

Die Koedoebulle: 1 Edmando Coetzee, 2 Jacques Marais, 3 Iyambo Sjueea, 4 Riaan Grové, 5 Conwill Draghoender, 6 Rikus van Staden, 7 Donavan Resandt, 8 Erik Strauss (kaptein), 9 Jessie Drotsky, 10 Keanan van Wyk, 11 Emil Weder, 12 Zian van Wyk, 13 Maandero Haimbodi (onderkaptein), 14 Dylan Denysschen, 15 Coenraad Pretorius.

Reserwes: 16 JC Rossouw, 17 Daniel Opperman, 18 Forché Windstaan, 19 Sheron Rossouw, 20 Rowan Jansen, 21 Tyrese de Wee, 22 Coburn Claassen, 23 Geraldo Beukes.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%