Huise, erwe bly nr. 1
Strategiese plan vir Windhoek, Khomasstreek uitgewerk
Elvira Hattingh - Politieke inmenging en gevolglike belemmering in die implementering van strategieë, die onvermoë om vaardige werknemers te lok en te behou, lae moraal onder werknemers, ’n gebrek aan geld asook leierskapskwessies, is enkele uitdagings wat veral die munisipaliteit die hoof moet bied.
Tydens die amptelike opening gister van die gesamentlike strategiese beplanningslypskool deur die Khomas-streekraad en die Windhoekse munisipaliteit, het deelnemers gesê verdere swakhede sluit in min samewerking tussen die munisipaliteit en belangegroepe soos NamPower en NamWater, ’n gebrek aan koördinasie tussen onderskeie munisipale afdelings, die stadige implementering van projekte asook die gebrekkige bestuur van groeiende informele nedersettings in die Khomasstreek.
Sterker punte wat genoem is, sluit in dat ’n goeie infrastruktuur en vervoerstelsel bestaan, waterbronne goed bestuur word, dat dit groot ekonomiese moontlikhede inhou en goed bestuur word.
Streekraadlede en die munisipaliteit vergader reeds vanaf Maandag oor kwessies soos die integrasie van strategieë en begrotings, die skep van prestasie-aanwysers asook die ordening van prioriteite in pas met nasionale dokumente soos die Harambee-welvaartplan en nasionale ontwikkelingsplanne.
Die slypskool, ’n eerste van sy soort, duur tot môre en moet lei tot ’n vyfjaar strategiese plan vir beide die munisipaliteit en die streekraad.
MINISTER OOR DIENS VAN ERWE, BEHUISING
Terselfdertyd het die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, me. Sophia Shaningwa, gesê tydens die slypskool moet veral op die diens van erwe, die beskikbaarstelling van behuising en goeie bestuur en professionele optrede deur streekraadlede, plaaslike owerhede en ander regeringsamptenare gefokus word.
Windhoek se burgemeester, mnr. Muesee Kazapua, het Shaningwa se toespraak namens haar tydens die geleentheid voorgelees.
“Ek wil hê daar moet spesiaal kennis van die volgende geneem word.
“’n Groot aantal mense in die Khomasstreek het nie toegang tot grond vir behuising en ander ekonomiese aktiwiteite nie. Dit lei daartoe dat mense honger en haweloos is. Die toestroming van mense na die hoofstad is onafwendbaar en die sentrale asook landelike regerings moet geleenthede oral in die land ontwikkel.
“Die streekraad en die munisipaliteit moet seker maak dat hul strategiese en jaarplan doeltreffende maatreëls bevat om die beskikbaarstelling van grond as ’n dringende kwessie te versnel.”
Shaningwa het gesê behuising is ook prioriteit. “Dit is ons taak om beleide en wette te skep en toe te pas wat die proses aandryf om bekostigbare behuising vir die armstes asook middelinkomstegroepe te verskaf. Ons het die verantwoordelikheid om bekostigbare behuising te bou en te verskaf. Ons moet onsself afvra waarom dit voorheen gedoen is en tans nie meer nie? Hoe kan die proses verbeter word om die agterstand met behuising in te haal?”
PROFESSIONELE OPTREDE
Sy het verder gesê daar moet op goeie bestuur en professionele optrede deur streekraadlede, plaaslike owerhede en staatsamptenare gefokus word.
“Ek het met groot kommer kennis geneem van toenemende klagtes oor onreëlmatighede en voortrekkery wanneer plaaslike owerhede grond toeken. Ook word gekla dat staatsamptenare onprofessioneel en ongeskik met die publiek is.
“’n Negatiewe beskouing bestaan dat staatsamptenare hul tyd verwyl of baie stadig is om aandag aan behoeftes en klagtes te gee. Ek wil nou die einde sien van hierdie onbetaamlike gedrag.”
Sy het voorts gesê staatsamptenare sal voorts teen hul jaarplan en prestasie-ooreenkomste geëvalueer word.
“Die ander noodsaaklike kwessie is begrotings en die besteding daarvan. As gevolg van verskillende eise en beperkte hulpbronne, moet ons voorts meer met minder doen. Geld moet vir kernfunksies gebruik word en uitgawes soos oortyd, reisgeld en toelae moet besnoei word.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie