HTS Tekkies herrys danksy puik borge

Die skool se span speel komende naweek ook in sy eerste sewesrugbywedstryde van die Gravity Cup-reeks.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Die o.19 eerste en tweede rugby­spanne van die Hoër Tegniese Skool (HTS) in Windhoek het vanjaar puik in die jaarlikse Momentum Raadsbeker onder hoofafrigterskap van die gewese nasionale sewesspeler Handré Bezuidenhout gevaar.

Nie net het Witel HTS I en impleo HTS II met splinternuwe uitrusting op die veld gedraf nie, maar ook vriend en vyand met hul innoverende en positiewe spel asook knap balvaardighede verras.

Terwyl Witel Service Providers aan HTS I spoggerige wedstryduitrusting verskaf het, het Konica Minolta met sy bizhub-handelsmerk vir die span se hoedjies asook oefenklere en gholfhemde gesorg.

impleo Communications, 'n filiaal van Witel, is die tweede span se borg en sal weer in 2020 by die o.15's betrokke wees.

HTS I het vanjaar vir die eerste keer in vyf jaar tot die o.19C-kwarteindstryd gevorder waar hy Windhoek Afrikaanse Privaatskool II met 32-17 uitgeskakel het. In sy halfeindstryd teen Walvisbaai Privaat Hoërskool II buig hy egter die knie met 24-17 op die Hage Geingob-stadion in Windhoek. Walvisbaai II het die finaal teen Windhoek Hoërskool IV met 24-22 ingepalm.

HTS II het in sy o.19D-kwart­eindstryd teen Hoërskool Grootfontein I met 33-5 geseëvier en het Hoër­skool Rehoboth I in die semifinaal met 21-3 gestuit.

In die eindstryd teen die Bulle van Gobabis Gimnasium I slaag HTS II slaag daarin om die omgekrapte besoekers uit die Omaheke-streek met 25-12 te stuit en as die o.19D-kampioene vir 2019 bekroon te word.

Handré, wat deur sy pa Robert Bezuidenhout as hulpafrigter bygestaan word, sê hulle is reeds besig om hul planne vir die 2020-rugbyseisoen agtermekaar te kry.

“Vir ons as afrigters by 'n staatskool is dit gewoonlik moeilik om sonder die nodige finansiële steun en borge rugby te ontwikkel en as die seuns se eerste keuse sport te vestig.

“Wat vanjaar 'n daadwerklike verskil aan die seuns se motivering en ingesteldheid gemaak het, is die toetrede van Konica Minolta en Witel wat 'n gevoel van eenheid en eie identiteit geskep het.

“Ons het voordat die 2019-seisoen afgeskop het, daaraan gedink om vir die hoër o.19-ligas in te skryf en het selfs die premierliga vir ons eerste span oorweeg. Maar ons het besef dat die seuns van wie die meerderheid maar net 16 of 17 jaar oud is, te onervare en klein is om teen die ander topskole te kompeteer.

“Ons verloor byvoorbeeld vanjaar net vyf matriekseuns uit ons span en sal volgende seisoen met 'n meer ervare groep kan begin.

“Hoërskool De Duine van Walvisbaai het vanjaar die brawe stap geneem om sy eerste span vir die premierliga in te skryf. Die tellings teen hulle was soms onvleiend, maar dit is die enigste manier hoe 'n skool sy rugby kan verbeter en sy spelers bloot te stel – deur teen sterker kompetisie mee te ding.

“Met ouderdomsrugby wat net tot die o.14- en o.15-ligas gestruktureer word, moet die seuns ouer as 15 jaar die volgende seisoen behou word om in sy skool se eerste, tweede, derde of miskien vierde span te speel. (Nota: WHS IV het in die o.19C-finaal teen Walvisbaai II gespeel).

“As ons staatshoërskole vanaf o.14-spanne kan begin bou, sal skole binne 'n paar jaar oor 'n sterk en groot poel spelers beskik om sy skool op die voorgrond te plaas. Moenie 'n fout maak nie, die seuns hou van rugby en as hulle eers die gevoel en opwinding van die ovaalbal beleef het, is hulle verlore vir ander minder opwindende balsporte.

“Dit is presies wat ons by HTS met die steun van Witel en Konica Minolta bereik het – om die seuns gretig te maak om te gaan oefen en as 'n eenheid op die veld te verskyn. Ons hou hulle betrokke en maak die spel en oefeninge interessant vir die ouens wat regtig alles insit om hulself te bewys.

“Ons wil graag volgende jaar spanne in die o.14- en o.15-afdelings inskryf, asook 'n o.19 eerste, tweede en derde span in die veld stoot. Ons is reeds besig met 'n oefenprogram om die seuns betrokke en fiks te hou.

“HTS speel komende naweek sy eerste seweswedstryde van die Gravity Cup-reeks vir hoërskole en die seuns sien geweldig uit daarna om weer met die bal te kan hardloop.

“Ek glo dat die huidige stelsel vir die o.19-kompetisie nie goed vir ons rugby is nie.

“Hoekom kan die deelnemende hoërskole nie in 'n A- en B-groep opgedeel word nie, dan draf elke span een keer teen mekaar uit? Dit is die enigste manier hoe ons skolerugby gaan ontwikkel. Almal weet waar die skole ná vanjaar se kompetisie geëindig het en skole kan daarvolgens in die twee groepe geplaas word.

“Ons wil HTS weer 'n rugbykrag maak en bedank Witel Service Providers, Konica Minolta met bizhub asook impleo hartlik vir hul ondersteuning. Hulle het grootliks bygedra dat ons rugby na 'n nuwe vlak geneem is. Sonder julle aan boord sou dit nie vir ons as afrigters en vir HTS moont­lik gewees het om te presteer nie. Dankie weereens,” het die hoofafrigter passievol aan Republikein vertel.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%