Horde kom saam met Cruise
Des Erasmus - Die verfilming van die skrikfliekThe Mummy gaan volgens die goewerneur van die Erongostreek, mnr. Cleophas Mutjavikua, ’n rolprentspan van meer as vierhonderd na Swakopmund bring.
Die akteurs in die hoofrolle, Tom Cruise, Russel Crowe en Sofia Boutella, sal ongeveer drie weke van Swakopmund as basis werk.
Volgens die goewerneur is die bemanning van Australië, Brittanje en Suid-Afrika. Op Swakopmund is vasgestel dat die eerste fliekmakers vanThe Mummy reeds op 20 Junie in Namibië verwag word. Die akteurs word eers later verwag en sal waarskynlik nog voor die einde van Julie na hul lande van herkoms terugkeer.
Die bemanning van vierhonderd word ook bevraagteken. Hulle meen vierhonderd kan wel gehaal word, maar dan is dit met byspelers van Swakopmund, Walvisbaai en ander saamgereken.
In dié vroeë stadium lyk die Rössingberg buite Swakopmund langs die B2-hoofweg na die binneland en ’n ou landingstrook agter die duine tussen Swakopmund en Walvisbaai na die plekke waar verfilming gedoen gaan word.
Nadat die verfilming gedoen is, kan die spanne wat die opruimingswerk moet doen nog tot in die eerste dae van September op Swakopmund en in die omgewing besig wees.
Die prent handel oor die herrysing van ’n oermens uit die dieptes onder die Namibwoestyn,The Mummy. Dié rol word deur Sofia Boutella vertolk. Volgens Russel Crowe, een van die akteurs in ’n hoofrol teenoor Cruise, gaan dieThe Mummy kykers hul as laat afskrik.
“The Mummy will scare the sh.. out of you,” sê Crowe.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie