‘Gordhangate’: Rand in vryval

‘Mark uiters senuagtig’
Jo-Mare Duddy Booysen
Hanlie Stadler - Groot petrolprys­stygings oor die volgende paar maande, hoër inflasie – en hoër rentekoerse.
Dít is verbruikers in Suid-Afrika se voorland weens die oënskynlik siniese politieke magspel wat die rand sedert Dinsdagaand weer in vryval het, sê die ekonoom dr. Cees Bruggemans.
Bruggemans sê dis ironies dat dit juis die stedelike­ middelklas – grootliks mense wat vir die ANC se opposisie­ gestem het – wat “gestraf” gaan word deur die ekonomiese uitval van “Gordhan­gate”.
Die rand het gister­oggend­ sy vryval voortgesit nadat die hernude aanslag op Pravin Gordhan, minister­ van finansies, Dinsdagnamiddag­ rugbaar geword het.
“Gordhangate” het reeds 68c van die rand se waarde teenoor die Amerikaanse dollar weggevreet, in vergelyking met die meer as 80c wat Nenegate in Desember die rand gekos het toe pres. Jacob Zuma twee ministers van finansies in vier dae afgedank het.
Teen 09:30 gister (Suid-Afrikaanse tyd) het die geldeenheid reeds R14,17 teenoor die dollar getref en gelyk asof dit verder gaan verswak nadat dit Dinsdagaand in New York vir die eerste keer in meer as ’n maand (sedert 27 Julie) net-net bo R14 per dollar gesluit.
Teenoor die pond het die rand skuins voor 09:30 tot selfs R18,65 verswak nadat dit Dinsdagaand in New York vir die eerste keer sedert 3 Augustus bo R18 gesluit het.
’n Euro het tot R16 versterk (afgerond, oftewel R15,9952) nadat die rand Dinsdag vir die eerste keer sedert 2 Augustus in New York swakker as R15 gesluit het.
Volgens Wichard Cilliers,­ verhandelingshoof van TreasuryOne, is die mark uiters senuagtig oor gerugte dat pres. Jacob Zuma binnekort die kabinet gaan skommel, berig Bloomberg.
“Gordhan is ’n doring in sy vlees, ek dink hy gaan op enige manier moontlik van hom ontslae probeer raak.”
Zuma en Gordhan het al vasgesit oor die bestuur van die Suid-Afrikaanse­ Lugdiens, waar ’n Zuma-­ondersteuner, Dudu Myeni, die voorsitter is, en oor Gordhan se beweerde eis dat Tom Moyane, die Suid-Afrikaanse Inkomste­diens se hoof, afgedank moet word.

Brusselse spruitjies en afval
Andre Botha, valuta­handelaar by TreasuryOne, sê die verwikkelinge­ bring ’n einde aan die veilige band waarin die rand nou reeds geruime tyd verhandel.
“Dit lyk asof ons in Suid-Afrika net ’n klein porsie poeding kan eet voordat ’n hele bord Brusselse sprui­tjies en afval weer aan ons opgedwing word.”
Botha sê die volledige prentjie moet nog na vore kom. Indien Gordhan in hegtenis geneem word, sal die rand beslis skerp verswak.
“Die ander kant van die munt is egter ook waar. As hierdie bloot ’n oordeelsfout was, kan ons verwag dat die rand van sy verliese­ herwin.”
Die tydsberekening van die aanslag – net ná die verkiesing – is egter verdag. Die verswakking van die rand weens plaaslike politiek kan nie op ’n slegter tyd kom nie, aangesien die wêreld reeds op hete kole sit.
Dr. Janet Yellen, voorsitter van die VSA se Federale Reserweraad (Fed), lewer môreaand ’n toespraak by ’n konferensie oor monetêre beleid in Jackson Hole, Wyoming, wat ’n aanduiding kan gee van hoe gou die Fed rentekoerse gaan verhoog.
Enige teken dat valke die Fed-duiwehok binnegekom het, sal die rand onvermydelik laat verswak soos wat groot beleggers geld aan ontluikende markte onttrek.

ANC-leierstryd
Bruggemans sê die aanslag op Gordhan is niks anders nie as die mobilisering van ANC-lede in aanloop tot die leierskapstryd in 2017. Gordhan word beskou as die waghond oor staats­instellings teen nepotisme.
“As dié sweem van politieke kaskenades wen, broodnodige hervorming van staatsondernemings in gevaar stel en fiskale dissipline nie volgehou word nie, sal vertroue aanhou ly, groei sal weer in duie stort en die kredietgraderingsagent­skappe sal vroeër eerder as later dié werklikhede in ons kredietrisiko weerspieël.” As Suid-Afrika tot rommel­status afgegradeer word, sal die rand selfs verder verswak, inflasie sal styg en die Reserwebank sal dit sterk oorweeg om rentekoerse te verhoog, sê Bruggemans. Algehele groei sal ook ly.

Rentekoersbesluit
Bruggemans sê Suid-Afrikaners is veels te optimisties dat die einde van die rentekoers-stygsiklus reeds bereik is.
Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, het voorverlede week in Pretoria gesê die onlangse sterkte in die rand bied wel ’n kussing vir die land se beleid­makers, maar moenie lei tot oorgerustheid in die stryd teen inflasie nie.
“Die risiko’s vir die inflasie-vooruitsigte het te doen met moontlike toekomstige swakheid in die geldeenheid. Die feit dat die rand versterk het, het nie daardie risiko weg­geneem nie; dit gee ons net ’n kussing vir ’n tydperk, maar ons weet nie vir hoe lank nie.”
’n Groot deel van dié kussing is nou weg­geneem. Die Reserwebank besluit weer op 22 September oor die rentekoers.
Francois Groepe, een van die adjunkpresidente van die Reserwebank, het ook onlangs gesê: “Strenger­ monetêre beleid (dus hoër rentekoerse) kan ’n negatiewe impak op die reeds pap ekonomie hê, maar as die Reserwebank nie optree nie, kan inflasieverwagtinge ontspoor en uiteindelik inflasieteikens ondermyn. Dis ’n moeilike balanseertoertjie.”
Die Reserwebank het die rentekoers sedert Januarie 2014 geleidelik met altesame 2 persentasiepunte verhoog.
- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal | Aston Villa 2 vs 2 Chelsea | Everton 1 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 1 Luton Town | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | West Ham 2 vs 2 Liverpool LaLiga: Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca | Atletico Madrid 3 vs 1 Athletic Club | Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino | SS Lazio 1 vs 0 Hellas Verona | Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana European Championships Qualifying: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United English Championship: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 14° | 31° Rundu: 14° | 31° Eenhana: 15° | 33° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 17° | 31° Windhoek: 14° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: W, Low tide: 12:27, High tide: 06:24, Low Tide: 01:00, High tide: 19:07 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 13km/h, Wind direction: W, Low tide: 12:25, High tide: 06:22, Low Tide: 00:58, High tide: 19:05 Walvis Bay: 17° | 27° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 12:25, High tide: 06:21, Low Tide: 00:58, High tide: 19:04 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 23° | 33° Aranos: 20° | 31° Lüderitz: 18° | 28° Ariamsvlei: 22° | 34° Oranjemund: 17° | 26° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 29° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 16° | 29° Windhoek: 14° | 28° Cape Town: 15° | 20° Durban: 19° | 32° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 14° | 27° Harare: 11° | 26° Currency: GBP to NAD 23.4 | EUR to NAD 20.03 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.7 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.67 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.98 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.88 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1355 | USD to ZAR 18.69 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.43/OZ DOWN -0.0024 | Copper US$ 4.56/lb UP +0.42% | Zinc US$ 2 906.90/T UP 1.71% | Brent Crude Oil US$ 88.33/BBP DOWN -0.0071 | Platinum US$ 930.68/OZ UP +1.88% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal | Aston Villa 2 vs 2 Chelsea | Everton 1 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 1 Luton Town | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | West Ham 2 vs 2 Liverpool LaLiga: Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca | Atletico Madrid 3 vs 1 Athletic Club | Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino | SS Lazio 1 vs 0 Hellas Verona | Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana European Championships Qualifying: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United English Championship: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 14° | 31° Rundu: 14° | 31° Eenhana: 15° | 33° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 17° | 31° Windhoek: 14° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: W, Low tide: 12:27, High tide: 06:24, Low Tide: 01:00, High tide: 19:07 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 13km/h, Wind direction: W, Low tide: 12:25, High tide: 06:22, Low Tide: 00:58, High tide: 19:05 Walvis Bay: 17° | 27° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 12:25, High tide: 06:21, Low Tide: 00:58, High tide: 19:04 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 23° | 33° Aranos: 20° | 31° Lüderitz: 18° | 28° Ariamsvlei: 22° | 34° Oranjemund: 17° | 26° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 29° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 16° | 29° Windhoek: 14° | 28° Cape Town: 15° | 20° Durban: 19° | 32° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 14° | 27° Harare: 11° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.4 | EUR to NAD 20.03 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.7 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.67 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.98 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.88 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1355 | USD to ZAR 18.69 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.43/OZ DOWN -0.0024 | Copper US$ 4.56/lb UP +0.42% | Zinc US$ 2 906.90/T UP 1.71% | Brent Crude Oil US$ 88.33/BBP DOWN -0.0071 | Platinum US$ 930.68/OZ UP +1.88%