Glasplafon in China kniehalter vroue
Vroueverteenwoordiging in China se Kommunistiese Party is uiters laag.
Elke keer as China se regerende Kommunistiese Party groot byeenkomste soos die pas afgelope kongres aanbied, word die lys afgevaardigdes sorgvuldig saamgestel om die party se beeld as “verteenwoordigend van die massas” te poets.
‘n Mate van prominensie word aan diegene in geringe beroepe en etniese minderhede verleen.
Een groep is egter chronies onderverteenwoordig onder die politieke elite: Vroue.
Die stigtersvader van kommunistiese China, Mao Zedong, mag eens gesê het vroue “hou die helfte van die uitspansel omhoog,” maar toe die party se kongres vandeesweek ‘n nuwe groep leiers verkies het, het vroue nie veel omhoog gehou nie.
Geen vrou is tot die elite vaste komitee van die politburo (die topsewe partylede) verkies nie, soos ook in die verlede die geval was.
In die nuwe politburo is net een van die 25 lede ‘n vrou: Sun Chunlan, die hoof van die party se liggaam belas met uitreiking na nie-Kommuniste. Dit is haar tweede termyn en sy sal waarskynlik oor vyf jaar aftree. Op die vorige politburo het twee vroue gedien, Sun, en visepremier Liu Yandong, wat verby aftreeouderdom is en die tuig neergelê het.
Een stap ondertoe, op die nuwe sentrale komitee, is net 4,9 persent (tien van die liggaam se 204 lede) vroue.
In vergelyking is vyf van pres. Donald Trump se 24 lid-kabinet vroue, asook ongeveer 20 persent van die Amerikaanse kongres. In Japan is twee lede van die kabinet vroue, asook tien persent van wetgewers in die laerhuis van die parlement wat Sondag verkies is. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie