Gewildheid van skaapvleis neem af
Fragmentasie van voorraadketting
Die lam- en skaapvleismark in Suid-Afrika is aan die krimp – van 16% van die verbruiker se gemiddelde vleismandjie drie jaar gelede tot die huidige 13%.
Verbruikers kies ander produkte, waarvan die prys en voorraad meer bestendig is, het Alex Cilliers, uitvoerende bestuurder van GWK Meat, vandeesweek by die kongres van die Rooivleisprodusenteorganisasie (RPO) in Parys in die Vrystaat gesê.
Die skuld vir die inkrimping in die mark kan nie op die droogte of selfs op die verbruiker gepak word nie, sê hy.
“Die probleem lê eerder by die fragmentasie van die voorraadketting vir lams- en skaapvleis. Die daling in die gewildheid van lams- en skaapvleis sal voortduur tensy die voorraadketting hom regstel om deurlopend vleis van goeie gehalte teen bestendige prysvlakke te lewer.
“Die huidige handelsomgewing waarin skaapvleisprodusente hul voorraad verkoop, is in ’n groot mate ’n verouderde stelsel. Dit het miskien in die verlede vir produsente en die hele voorraadketting goed gewerk, maar dis nie meer doeltreffend nie.
“Die vinnige groei van abattoirs en groothandelaars oral in die land beteken dat die konvensionele manier om tussen abattoirs rond te snuffel om op daardie dag die beste prys vir voorraad te verkry, ’n negatiewe uitwerking op die hele voorraadketting het.
“Produsente wat nie hul produksie beplan om bestendig onder druk te wees nie, aanvaar eenvoudig die beste prys op die dag waarop hulle gereed is om mark toe te gaan – terwyl abattoirs afwaartse druk uitoefen wat weer produsente se winsgewendheid beïnvloed.
“Nie net is produsente weerloos teen seisoenale produksieskommelings nie, maar hulle het ook min beheer oor die opbrengs op hul belegging. Dit laat hulle met die dilemma om klein prysverskille te probeer balanseer met die koste om die produk by die mark te kry.
“In die volgende stap in die waardeketting oefen groothandelaars ook afwaartse druk op pryse uit om seker te maak dat hulle die beste moontlike marge van kleinhandelaars kan kry. Die ondernemings wat die opsny van die karkasse behartig, speel ook ’n rol om die vleisprys te bepaal.
“Met al die belanghebbendes onder druk om wins te maak, het vleisvoorraad deur die waardeketting onbestendig geword.
“Daar is twee stappe wat die produsente moet doen om beheer van hul rol in die voorraadketting terug te kry, en om beheer oor winsgewendheid en die sukses van hul ondernemings te herwin.
“Eerstens moet produsente hul rol in die waardeketting verstaan en maniere vind om hierdie dinamika tot hul eie voordeel in te span. Dít hang nou saam met die tweede stap, naamlik om boerderypraktyke aan te pas sodat produsente aktief in die mark betrokke is – meer as net twee of drie keer per jaar.
“’n Bestendiger verskaffing van vleisvoorraad beteken dat produsente oor langtermynpryse met abattoirs kan onderhandel. Dit gee hulle sekerheid oor die opbrengs op hul belegging in die produksie van vleis. Abattoirs sal op hul beurt weer verseker wees van meer bestendige verskaffing van voorraad. Só word hulle bemagtig om beter langtermynkontrakte te beding met die groothandelaars aan wie hulle die vleis verkoop. Die groothandelaars sal weer die kleinhandel kan verseker van ’n bestendige voorraad teen ’n bestendige prys. Só word die winsgewendheid van ’n produkklas wat die laaste jare ’n terugslag beleef het, weer verhoog.
“Die waarde van ’n benadering waar daar meer samewerking is en ’n langtermynsiening oor die verbetering van die sektor geneem word, is reeds deur GWK bewys. Ons hoop dat meer produsente hierdie bedryfsmodel en denkwyse sal navolg. Dit sal verbruikers aanmoedig om terug te keer na lam en skaap as proteïen van keuse wanneer hulle inkopies doen – met positiewe gevolge vir almal wat ’n rol speel om die vleis van die plaas tot op die bord te kry,” sê Cilliers.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie