Geen styging in rentekoerse
Die Bank of Namibia (BoN) het vanoggend se repokoers onveranderd op 7% gelaat, wat beteken die prima-uitleenkoers van plaaslike handelsbanke bly ook dieselfde op 10,75%.
Mnr. Ebson Uanguta (foto), adjunkpresident van die BoN, het gesê krediet wat in die eerste ses maande vanjaar aan die private sektor toegestaan is, se gemiddelde groei op ‘n jaarbasis was 12,4% teenoor 15,6% in dieselfde halfjaar in 2015. Dié verlangsaming is bespeur in kredietverlening in die meeste kategorieë aan beide die korporatiewe sektor en verbruikers, het Uanguta gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie