Finaliste se ambisie ontmoet in Superliga

Windhoek Affies óf Tsumeb Gimnasium sal môre ná 'n taai 70 minute as die kampioen vir 2019 vereer word.
Andrew Poolman
Andrew Poolman en Tielman van Lill - Die beproefde wenresepte het grootliks behoue gebly in die spankeuse van die twee fina­liste vir môre se Momentum onder 19 Superliga-eindstryd, KMC/JCC Windhoek Affies as huidige titelhouer en Rubicon Tsumeb Gimnasium, wat die seisoen boaan die puntelys afge­sluit het.

Die flank Frikkie Engelbrecht, wat met sy vurige inklimspel dikwels die vonk in Tsumeb se gedugte pak voorspelers verskaf, het 'n noue ontkoming gehad toe hy in die doodsnikke van die semifinaal teen Samsung WHS 'n rooi kaart gekry het.

Engelbrecht moes vandeesweek saam met sy hoofafrigter, mnr. Wouter Niehaus, wéér na die hoofstad reis om sy tugverhoor by te woon, nadat skeidsregter Oscar Lambert hom afgestuur het vir die gebruik van 'n knie in die gesig van 'n WHS-opponent.

“Ek is baie bly dat Frikkie (as matriekseun) hierdie groot finaal kan meemaak. Die verhoor het in 'n baie goeie opvoedkundige gees geskied en dit het versagtend in sy guns getel dat hy 'n eerste oortreder was wat nog nooit tevore 'n kaart gekry het nie,” het Niehaus agterna gesê.

Die enkele verandering aan Affies se beginspan is op haker, waar Christo Boshoff eerste opdraf terwyl laas naweek se draer van trui nommer 2, Benno von Wielligh, op die reserwebank reg is om later opgestuur te word.

Boshoff het vandeesweek net betyds vir die groot geleentheid uit Amerika teruggekeer, waar hy sedert middel verlede maand in Houston, Texas 'n opleidingsprogram van Nasa se ruimteskool bygewoon het.

Op papier is daar min te kies tussen WAP en Tsumeb en die ou cliché van 'n finaal het dus gewis nog nie sy betroubaarheid verloor, dat die span wat sy geleenthede benut as die wenner uit die stryd sal tree nie.

Windhoek Affies het net 'n enkele ligapunt agter Tsumeb geëindig. Hul ontmoeting in die ligaseisoen was op die noordedorp, waar Tsumeb met 21-10 gewys het hoe moeilik dit is om sy tuisvoordeel daar te gaan beduiwel.

Beide spanne sal daarop ingestel wees om geskiedenis vir hul skole te skryf. Windhoek Affies het verlede jaar die eerste maal sy naam op die wentrofee laat aanbring, ná 'n enkele vorige nederlaag in die finaal teen die WHS-span van 2016.

Vir Tsumeb Gimnasium bly een, hoë hekkie in die pad van die eerste nasionale rugbytriomf in sy bestaan. Die stut Hans Breedt was in 2015 die kaptein toe die maroen Renosters in hul eerste o.19 Superliga-eindstryd gehaal, maar deur Windhoek Gimnasium geklop is. In nog twee jare (2014 en 2017) was Tsumeb in die bronsfinaal betrokke.



KLEIN GETALLE KEER HULLE NIE

Tsumeb se reisende groep ondersteuners is sonder twyfel 'n faktor wat die span voortstu om in die moeilikste tye diep te kan grawe.

Mnr. Wouter Niehaus sê: “Mag elke speler in sy hardste oomblik op die veld, elke afrigter in sy frustrerendste minuut in die tegniese area, elke skeidsregter in sy moeilikste beslissing op die veld, elke toeskouer in sy kwaadste oomblik langs die veld, steeds vir Jesus in elke speler, afrigter, skeidsregter en toeskouer raaksien. Dan sal ons goeie rugby ook sien!

“Met net 118 kinders in ons hoër­skool en met die feit dat beide ons eerste rugby- en netbalspanne in vanjaar se Superliga-finale gespeel het, hoe kan Tsumeb Gimnasium enig­iets anders as dankbaar wees?

“Sterkte aan WAP, julle is 'n ware kampioenspan vir wie ons werklik baie respek op en van die veld het en dit is vir ons 'n eer om teen julle te speel. Wees net versigtig, daar is een ding wat sterker en groter as ons agt voorspelers is – ons Maroen Tsumeb Gimnasium Ondersteunersgroep!

“Baie geluk ook aan Napso (Namibiese Privaatskole Organisasie) met die feit dat AL VIER spanne in die Super- en A-ligafinale Napso-ledeskole is. Dit lyk my hoe sterker ons vriendskapbande binne Napso word, hoe beter presteer ons skole. Welgedaan!”

Sy eweknie van WAP, mnr. Johan Zaayman, sê: “Ek, my mede-afrigters en my span is baie dankbaar en geseënd om vir die tweede jaar in 'n ry in die finaal te kan speel.

“Ons het baie respek vir Tsumeb; hulle is 'n topspan met topseuns. Vir ons om net nog 'n geleentheid te kry teen hulle beteken vir ons baie. Sterkte aan Tsumeb, geniet die oomblik en so ook aan Moria en Pro-Ed met die o.19A-ligafinaal. Dit is fantasties om so baie van ons Napso-vriende in die finale te sien. Ons weet dit gaan 'n great dag wees.”



Die spanne:

KMC/JCC Windhoek Affies: 15 Jeandré Loubser, 14 André Siepker, 13 Jonathan Hanekom, 12 Christo Liebenberg, 11 Arthur Lewies, 10 Keanu Engelbrecht, 9 Louis Karsten, 8 Bernhardt Wessels, 7 De Wet Oosthuizen (kaptein), 6 Kobus Wilders, 5 Marius Wessels, 4 Adriaan Kotze, 3 Johan Brockmann, 2 Christo Boshoff, 1 Ernst Lowe. Reserwes: Benno von Wielligh, Kristopher Peacock, Fergus Smith, Theo du Plessis, Leon Maree, Fanus Jurgens, Jaco Kotze, Diwan van Rensburg. Afrigters: Johan Zaayman en Herman Lintvelt.

Rubicon Tsumeb Gimnasium: 15 Lister Cochrane, 14 Jandré Hayward, 13 SJ Louw, 12 Benjamin Boshoff, 11 Zander du Plessis, 10 Bothma Keyser, 9 Christin Opperman, 8 WJ Otto (kaptein), 7 Frikkie Engelbrecht, 6 Andries Steenkamp, 5 Izak (IJ) Grobbelaar, 4 Pieter-Daan Kok, 3 Thinus van Wyk, 2 Friedrich Grobbelaar, 1 Bernd Beddies. Reserwes: Renier van Zyl, James Hinga, Jaco Swanepoel, Ruan Pienaar, Keenan Prosser, Mario Nel, Amandio Louw-Victor. Afrigters: Wouter Niehaus en Francois van Zyl.



HALFEEU IS 'n GRóóT MYLPAAL

Vyftig jaar gelede, in 1969, is die land se heel eerste Raadsbeker o.19-eindstryd tussen die Hoërskool Keetmanshoop (nou PK de Villiers) en die Hoërskool Outjo gespeel.

Afgesien van die lesersvriendelike skakels op Namibia Media Holdings se blinknuwe webblad (rugby.my.na) waarop die aksiebelaaide geskiedenis van die 2019- en alle vorige seisoene herleef kan word, bied ons vandag nóg 'n spesiale brokkie.

Skakel gerus vanoggend in op ­Kletskompas (op Republikein se Face­­book-blad) vir ons eksklusiewe onderhoud met oom Dallies Greeff van ­Mariental, wat 'n lid van HS Keetmanshoop se geskiedkundige 1969-wenspan was.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.54 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.86 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 343.84/OZ UP +0.56% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.80% | Zinc US$ 2 883.10/T UP 1.01% | Brent Crude Oil US$ 89.22/BBP UP +0.36% | Platinum US$ 913.68/OZ DOWN -0.0024 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.54 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.86 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 343.84/OZ UP +0.56% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.80% | Zinc US$ 2 883.10/T UP 1.01% | Brent Crude Oil US$ 89.22/BBP UP +0.36% | Platinum US$ 913.68/OZ DOWN -0.0024