Ergste koue wag die naweek op kusdorpe
Des Erasmus
Die eerste ryp van die winter het Swakopmund se kleinboere getref met bibberweer wat vir die naweek vir die dorpe van die sentrale kus, Swakopmund, Walvisbaai en Hentiesbaai, voorspel was. Gisteroggend het die son vroeg deurgebreek, maar volgens voorspellers was dit ’n valse profeet.
’n Troos vir Swakopmunders was weervoorspellers van die see wat meen die Kaapse stormweer gaan met branders van tot ses meter nie soos gewoonlik drie dae later langs die sentrale kus uitslaan nie. Selfs kalm seetoestande word vir ’n naweek voorspel wanneer die ergste kouefront Saterdag en Sondag verwag word. Gisteroggend se nagkoue het gevolg op ysige suidwestewinde wat Dinsdagmiddag sterk gewaai het.
Vir Saterdag en Sondag word die hoogste dagtemperature as onderskeidelik 14 en 15 grade Celsius voorspel met die kwik wat net bokant vriespunt gaan draai. Maandag sal die toestande volgens voorspellings normaliseer met ’n hoogste dagtemperatuur van 18 grade Celsius.
In die vooruitskouinge is geen teken van oosweer die aanstaande dae nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie