EK HAAT SKOOL
EK HAAT SKOOL

EK HAAT SKOOL

Karin Eloff
Rêrig, ek haat dit.
En ek is nie eers óp skool nie.
Ek haat dit omdat dit beteken ek moet vroeg opstaan en Spruit soos ’n swetende, histeriese, besete drilsersant aanjaag. Ek haat dit omdat die histerie my ongewild maak en my plooie gee; omdat ek met superkalm mammas moet cope wat lyk of hulle uit Sarie uitgeklim het; omdat ek nie weet hoe om koekies of worsrolle of popcorn te bak nie; omdat ek nie voorskote aanmekaar kan slaan of doilies kan hekel nie en actually ook nie omgee daaroor nie; omdat ek al hoe armer word en omdat ek met take en huiswerk moet cope.
Ja-ja, ek weet die kinders is veronderstel om alles self te doen, maar let's get real: watter 13-jarige, wat soms drie toetse of assesserings of evaluerings of modaliserings (hoekom noem julle dit sulke weird goed, ’n toets is mos ’n toets?!) ’n week het, en wat geslaan is met die Pes van Puberteit en Luiheid, het tyd vir navorsing oor mense wat al eeue gelede dood is en goed wat niemand meer gebruik nie?
Kan hulle nie eerder vir die bloedjies leer hoe om te skei sonder om moord te pleeg nie, of hoe om jou belastingopgawe suksesvol in te dien nie, of hoe om ’n huis te koop of die X-Box aan die TV te koppel nie?
Dan is daar nog goed soos sport, pottery en papiervouklasse ook. Wanneer moet die arme kinders net kind wees? En wanneer kan Mamma dan nou eendag die boude ontspan en herlaai sodat sy nie ’n swetende Madame Medusa hoef te wees nie?
Ek het baie empatie met onderwysers, regtig. En ek besef hulle volg ook maar net ’n kurrikulum. Ek het ’n sterk vermoede hulle wens sélf daar was minder toetse en take om deur te worstel. Maar dít mag hulle seker nie sê nie.
Ek verstaan ook kinders moet leer hoe om navorsing te doen en dat dit ’n goeie geleentheid is om ietsie oor ietsie te leer, maar wat van ons doen dit net een keer ’n jaar?
Amper vergeet ek van al die mondelinge - daai dae wat die kinders almal skielik maagpyn of ek-wil-nie-praat-nie-enteritis het? Eintlik gaan net toekomstige prokureurs, advokate en ander grootbekke daai vaardighede nodig kry. Ja-ja, ek weet ons almal kan baat by die vermoë om voor mense te praat, maar weer eens – hoekom so gereeld? Party van ons werk en het regtig nie tyd of krag om graad vier deur te kom nie.
Ek vermoed ek's nie die enigste ma wat nie kan wag dat haar kind klaar is met skool nie. En wat nie kan wag vir die glas wyn aan die einde van ’n skooldag nie. Of daai bottel sjampanje met elke jaar wat ons dit gemaak het nie.
Maar wag, ek het vergeet van die stryd om al die blerrie bybehore ook nog bymekaar te kry: kosblikke, krieketbats (Spruit speel nie krieket nie, maar ek het al gesien hoe jaag ’n kollega ’n krieketbat skool toe met die spoed van wit lig), LO-klere, skoon klere, koskoepons, praatjie-plakkate, cup cakes, geld vir dié en geld vir daai.
Ek het ’n PA nodig. En drank. Baie drank.
Hoekom kan kinders nie net uitkom en sommer dadelik aan die werk spring en begin bydra tot die huishouding nie?
Ek haat skool.
Rêrig.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° #N/A #N/A