Eina, my vlerk!

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die linkervlerk van Qatar Airways se Dreamliner 787-8 met die registrasiemerke A7-BCC het Vrydag met die aankoms van vlug #QR1373 by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako ’n vlagpaal voor die aankomssaal getref.

Volgens airlive.net het die voorval plaasgevind toe die vliegtuig ná landing deur ’n lughawebeampte na die parkeerplek beduie is.

Qatar Airways het Woensdag om 10:00 vir die eerste keer met passasiers by Hosea Kutako neergestryk en vlieg nou voortaan vier keer per week tussen dié internasionale lughawe en Doha in Katar.

Intussen is verneem die skade aan die vlerk was kosmeties van aard en die vliegtuig kon later die dag met die passasiers wat plek bespreek het op vlug #QR1374 na Doha terugkeer.

Kommentaar

Republikein 2026-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer