Eers Harvard, nou New York

Toppos by gerekende firma
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - ’n Boorling van Mariental het die wêreld letterlik aan sy voete.
Reon Cloete het vroeër vanjaar as enigste Namibiër tussen 180 studente uit 69 lande ’n meestersgraad in regte aan die gesogte Harvard-universiteit behaal. In September val hy in as vennoot by een van New York se top- korporatiewe regsfirmas en het sy woonstel op die 27ste vloer die mooiste uitsig oor dié wêreldstad.
Cloete het sy eerste meestersgraad in regte aan die Universiteit van Kaapstad behaal. Volgens Reon was sy tyd by Harvard ’n “interessante en bevredigende” reis. Sy medestudente was in ’n baie uiteenlopende klas en die program was so gestruktureerd dat dit aan studente die geleentheid gebied het om akademies, maar ook buite die klaskamer te groei.
“Was ek nie in die biblioteek nie, het ek na San Francisco, Miami, New York, New Orleans of Atlanta gereis. Al dié uitstappies het weer geleenthede vir netwerk gebied.”
Hy sê die studente is onderrig deur van die voorste en mees gerespekteerde professors en praktisyns wat as kenners van hul onderskeie vak­rigtings beskou word.
“Dit was regtig een van daardie eenkeer-in-’n-leeftyd-ondervindings waarvoor ’n mens net dankbaar kan wees.”
Hy erken hy moes homself veral aan die begin knyp soos hy deur die gesogte universiteite se gange gestap het, om seker te maak hy is régtig daar.
“Jy sit in dieselfde klaskamers as huidige en voormalige presidente, ministers, hoof uitvoerende beamptes van maatskappye en ander invloedryke individue.”
Sy fokus was op korporatiewe reg en in veral sy spesialisgebied, samesmeltings en verkrygings.
“Die meeste van my vakke het dus op samesmeltings en verkrygings, oorgrens- en internasionale saketran­saksies, sowel as korporatiewe finansies gefokus.”
Cloete het boonop ’n permanente pos losgeslaan as ’n vennoot in een van New York se top- korporatiewe regsfirmas.
“Dit verskaf regsadvies aan baie van die wêreld se grootste maatskappye, finansiële instellings en beleggingsmaatskappye.”
Hy moet in die laaste week van September by die firma inval, vertel hy, maar keer ná ’n kort besoek aan sy geboorteland aan die einde van die maand na Amerika terug om verblyf en sy voete in die “Groot Appel” te vind.
“Om ’n woonstel in Manhatten, die finansiële hoofstad van die wêreld te vind, gaan ’n uitdaging wees, maar ek reken dit is deel van die opwinding om na so ’n groot stad te verhuis.”
Volgens Cloete het hy besluit om die aanbod in New York te aanvaar, omdat dit sonder twyfel sal sorg vir ’n wonderlike ondervinding en ’n ongelooflike leeromgewing sal bied.
“Ek reken om een van die beste in die wêreld te word, moet ’n mens by die beste leer en ek was bevoorreg genoeg om die geleentheid hiervoor te kry.”
Dit was egter nie maklik om dit reg te kry nie, erken hy.
“Ons was net twee studente uit Afrika in my program wat daarin kon slaag om werkgeleenthede by firmas in New York te kry. Soos met enige ander pos, moes ek deur verskeie rondtes onderhoude gaan.”
Dit is regtig ’n “ongelooflike gevoel” om deur daardie deure te stap, vertel hy.
“My woonstel is op die 27ste vloer van ’n reusewolkekrabber baie naby aan Wall Street met ’n uitsig oor die hele stad. Dit is ’n ongelooflike er­varing om van ’n klein dorp te kom en aan te pas in een van die vinnigste stede in die wêreld.”

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.3 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 300.49/OZ DOWN -0.01 | Copper US$ 4.52/lb DOWN -0.0031 | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.86/BBP DOWN -0.0051 | Platinum US$ 955.21/OZ DOWN -0.0003 Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.3 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 300.49/OZ DOWN -0.01 | Copper US$ 4.52/lb DOWN -0.0031 | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.86/BBP DOWN -0.0051 | Platinum US$ 955.21/OZ DOWN -0.0003