Een en u2019n halwe dekade van Jak
Een en u2019n halwe dekade van Jak

Een en ’n halwe dekade van Jak

Lloyd Zandberg
Na 15 suksesvolle jare in die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf het Jak de Priester beslis geen bekendstelling nodig nie.

Hierdie bekroonde Pretorianer met sy sielvolle stem, betekenisvolle lirieke, ritmiese musiek en vermaaklike verhoogpersoonlikheid, het oor die jare diep in sy ondersteuners se harte kom nesskop.

Vandag is die “Sally Williams Nougat”-sanger ’n gevestigde naam met nege studio-albums, ’n kinderalbum en -DVD, ’n boek, ’n digbundel en verskeie verhoogproduksies op sy kerfstok. Hy het ook in 2012 televisieaanbieder by sy indrukwekkende CV gevoeg.

Ter viering van sy vol en suksesvolle loopbaan, het Jak onlangs ’n splinternuwe album genaamd 15 JAAR uitgereik.

“Ek wou graag my 15 jaar in die musiekwêreld met ’n album vier. My temalied is ‘15 Jaar Met Klavier En Kitaar’, so hierdie is ’n produk van hoe my vaardighede as liedjieskrywer oor die jare gevorder het,” vertel die sanger.

“Die temas op die CD wissel tussen ons land en sy mense, kinders, vriendskap, ervaringe van gaste wat saam op ‘Reis na Gister’ was, liefde en nostalgie.”

Album nommer nege bestaan uit 17 oorspronklike snitte uit sy eie pen, wat sorgvuldig uitgesoek is om die sukses van sy loopbaan in ’n neutedop vas te vang.

Afgesien van komiese nommertjies en pragtige liefdesliedjies is daar ook opwindende samewerking met kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Dr. Victor, Bianca Pelser, Koos Kombuis en Charl du Plessis (die pianis) ingesluit.

“Soen die Reën”, saam met Steve Hofmeyr, is binne 24 uur ná vrystelling deur 107 000 mense op Vimeo geluister en sosiale media het behoorlik gegons oor die twee sterre se emosionele duet.

“Ek is baie trots op die emosie wat ek en Steve geskep het met ons liedjie, maar elke snit op die album het sy spesiale plek. ‘Rigtinglose Mense’ het ek saam met Koos Kombuis geskryf, ‘Boervrou’ is vir my ma, ‘Drakensberge Liefde’ vir my vrou en ‘Mika se Song’ vir my laatlam. Dit is vir my lekker om te sien watter impak my liedjies op die gehoor het tydens my vertonings,” sê Jak.

Die nuutste enkelsnit, “Reënboog oor Suid-Afrika”, beloof om selfs die kieskeurigste luisteraar te beïndruk. Hierdie duet, saam met die gewilde partytjiemusiekmaker Dr Victor, is ’n goedvoel-treffer met ’n baie inspirerende boodskap.

“Ek hoop die liedjie word goed ontvang, want die vibe is lekker en die boodskap positief. Dr Victor bring ook ’n lekker edge na die liedjie. Dit gaan oor plekke en ikone in Suid-Afrika . . . en ook oor die feit dat ons almal hou van eet, dans en speel. Daarom moet ons die reënboog terugbring oor ons land, soos dit hoort, want in hierdie stadium is dit elke kleur vir homself,” verklap Jak, wat ook hierdie danssnit self geskryf het. ’n Musiekvideo van die treffer word vir vroeg volgende jaar beplan en hy toer ook tans met sy nuutste produksie: Jak de Priester - 15 Jaar Met Klavier En Kitaar.

Jak, wat in Parys in die Vrystaat grootgeword het, is al van kleins af doenig met musiek, die verhoog en liedjies skryf. Sy loopbaan het in 2003 afgeskop nadat hy die ATKV Crescendo-kompetisie gewen het. Dit het hom die geleentheid gegee om sy eerste album, Sally Williams Nougat, op te neem, wat ’n groot treffer met dieselfde naam opgelewer het. Hy het ook in daardie jaar ’n Geraas-toekenning ontvang vir Beste Nuweling. Sedert sy debuutalbum het talle nommer 1-radiotreffers, toekennings, benoemings en suksesvolle albums gevolg, waaronder Sally Williams Nougat (2003), Strate Van My Hart (2004), Brooklyn Poet (2005), Stellenbosch Lovesong (2007), Groen Mamba (2008), 16 Briewe Aan My Baby (2010), Die Liefde Los ’n Spoor (2011), N1 van my Hart (2012), Ek Reis Na Gister (2015) en ’n kinderalbum en –DVD, Myne, Myne, Myne (2014). Hy was ook in verskeie verhoogproduksies soos Underground, Strate Is Nie Stom Nie, Nataniël and Friends, Net ’n Bietjie Liefde Vir Die Langpad en vele meer te sien.

Die ster is verder ook die skrywer en sanger van verskeie temaliedjies vir kykNET-televisiereekse, waaronder die gewilde sepie Binnelanders, 10 uit 10 en Reis na Gister, waarvan hy ook die aanbieder is. Die reeks is tans in sy vyfde seisoen en het vir hom in 2015 ’n nominasie as Aanbieder van die Jaar besorg. Jak het in 2017 die temalied van die nuwe Afrikaanse fliek, Hoener Met Die Rooi Skoene, geskryf en vier van sy liedjies is gebruik vir die lokettreffer Semi-Soet se klankbaan. Oor die jare het hy nie net die verhoog met gewilde name in die bedryf gedeel nie, maar ook by van die grootste feeste en konserte opgetree, waaronder Huisgenoot Skouspel, Afrikaans is Groot, Innibos Kunstefees, die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) en vele meer.

Sy musiek is ook gewild oorsee en “Sally Williams Nougat” was onder die top-20 treffers van ’n radiostasie in Engeland. Twee van sy liedjies is ook in die nuwe FAK-sangbundel opgeneem.

Musiek is egter nie dié blondekop se enigste talent nie, want hy blink ook uit as digter en skrywer. In 2005 het hy sy eerste digbundel, Heuning in die Mond, vrygestel, gevolg deur ’n boek genaamd Brood in 2010. Een van sy gedigte, “Onsekerheid”, is ook in 2009 ingesluit in die nuwe Groot Afrikaanse Verseboek. Die sanger het ook tussen 2011 en 2015 die rubriek Pa se Stem vir Baba & Kleuter geskryf.

Jak het nog baie planne vir die toekoms en hou daarvan om sy talent met ander kunstenaars s’n te kombineer. “My lewe en die wêreld waarin ons leef, inspireer my. Ek hou van goeie sangers met ’n kunstige aanslag, soos Amy Winehouse. Sterre soos Johannes Kerkorrel, Amanda Strydom en Koos Kombuis het almal ’n invloed op my eie musiekstyl gehad. Ek geniet ook samewerking met ander kunstenaars. Ek het al saam met Laurika Rauch, Steve Hofmeyr, Koos Kombuis en Nataniël gewerk, en sal nog graag kragte met Amanda Strydom, Coenie de Villiers, Karen Zoid en baie ander wou saamspan,” sê Jak.

Die bedryf het vir hom baie geleer oor geduld, mislukking, stres, sukses en geloof, maar hy glo nog altyd musiek kan enigiets kan gesond maak en hoop sy nuutste werk sal luisteraars se lewens net so ophelder soos die geel agtergrond van sy nuwe CD se buiteblad.

15 JAAR is ’n moet-hê album vir elke Jak de Priester-aanhanger. Dit is ’n kombinasie van gevoelvolle hartsmusiek en opgewekte partytjiedeuntjies, waarsonder geen speellys volledig sal wees nie. Sy nuutste album en enkelsnit is nie net ’n duidelike bewys dat dié sangsensasie sy gehoor se belange op die hart dra nie, maar is ook ’n juweel vol treffers wat nog vir baie jare oor die radio gehoor sal word.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%