Duisende begin met eksamen
Strategie gereed sou onderwysers staak
Henriette Lamprecht - Alternatiewe reëlings en strategieë is gereed sou onderwysers met hul staking begin tydens die graad 10- en 12-eindeksamens wat Maandag vir duisende leerlinge in die land begin het. Dié belofte kom van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur en by monde van sy woordvoerder, me. Johanna Absalom.
Volgens Absalom beskik die ministerie oor strategieë, maar dit kan nie bekend gemaak word nie.
“Die strategieë sal slegs bekend gemaak word sou die onderwysers staak.”
Die 51 120 graad 12-leerlinge wat vanjaar vir die eksamen op gewone vlak geregistreer het, is 6,8% (3 288) meer as verlede jaar en bestaan uit 21 104 voltydse en 30 016 deeltydse studente. Ook die aantal graad 12-leerlinge wat vir die hoërvlak-eksamens ingeskryf het, is meer. Vanjaar se 14 743 leerlinge is 10,2% (1 360) meer as 2015 se leerlinge en bestaan uit 407 deeltydse en 14 336 graad 12-leerlinge.
Die graad 12-eksamens duur tot 11 November met 35 vakke op gewone vlak met 116 komponente wat afgelê word. Vir hoërvlak-leerlinge word eksamen in 22 vakke met 67 komponente afgelê. Die Khomasstreek het die hoogste getal voltydse kandidate wat die gewone vlak eksamen aflê en wel 3 433, teenoor die 8 363 deeltydse kandidate in dieselfde streek.
Met betrekking tot graad 10 het 1 023 leerlinge meer vanjaar vir die eksamens geregistreer. ’n Totaal van 50 012 graad 10-leerlinge, ’n styging van 2%, lê dié eksamens tot 2 November af. Dit sluit 38 277 voltydse en 11 735 deeltydse kandidate in. Die Ohangwenastreek spog met die meeste voltydse graad 10-kandidate vir die eksamen en wel 5 654, teenoor die 2 729 deeltydse kandidate in die Khomasstreek.
Die nasienwerk vir albei grade duur tot 3 Desember, met 1 717 nasieners wat vir die graad 10-vraestelle verantwoordelik is. Vir die graad 12 gewone vlak-kandidate is daar 812 nasieners, terwyl 253 vir die graad 12 hoër vlak-vraestelle verantwoordelik is. Vraestelle sal by die Windhoekse skougronde, sowel as by die Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie nagesien word. Die voorlopige vrystellingsdatum vir die graad 10- en 12- (NSSCH)-uitslae is 15 Desember 2016.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie