Droompiekniek vir Valentynsdag
Kosmos 94.1, in samewerking met Kyani Tours & Safaris, bied op 14 Februarie ‘n Valentynsaand onder die sterre aan.
Gaste kan op die gras piekniek hou, terwyl kunstenaars soos Joshua na die Reën, Leah en John Rock Prophet optree.
Die piekniek vind by Droombos, 3,3 km buite Windhoek, op die lughawepad plaas.
Kaartjies is by www.webtickets.com.na of by Pick n Pay beskikbaar.
Teen druktyd was daar slegs ‘n beperkte aantal kaartjies beskikbaar. Die kaartjies kos N$800 per paartjie.
Diegene wat belang stel sal moet opskud.
Indien kaartjies nie reeds teen 14 Februarie uitverkoop is nie, sal ‘n beperkte aantal by die deur beskikbaar wees.
Die parkeerkaartjies is reeds uitverkoop, dus sal ander belangstellendes van die pendeldiens gebruik moet maak.
Kyani Tours and Safaris gaan om 16:00 begin om mense vanaf die Mega Centre na die geleentheid te vervoer.
Gaste, wat van die pendeldiens gebruik wil maak, moet op webtickets.com.na bespreek. Die diens is gratis. Die besprekings is net om te bepaal hoeveel mense van die diens wil gebruik maak.
Geen karre sal toegelaat word sonder ‘n parkeerkaartjie nie. Daar gaan ‘n wyn- en bierproegeleentheid wees met die gaste se aankoms om 17:00.
Na die proesessie kry gaste hul piekniekmandjie met hul keuse van wyn.
Daarna neem die gaste hul plekke in en die vertoning begin.
Daar sal verskillende etes te koop wees. Seekos, Mexikaanse kos en Droombos-styl hotdogs.
Kom geniet ‘n romantiese aand onder die sterre met heerlike kos en uitstekende vermaak!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie