Drie vas oor drie horings
Francoise Steynberg - Drie Namibiese mans is Vrydagaand by 'n padblokkade op die grondpad tussen Otavi en Outjo met drie vars renosterhorings in hul besit betrap.
Volgens die woorvoerder van die polisie in die Otjozondjupastreek, ao. Maureen Mbeha, het die polisie omstreeks 21:00 drie mans van Opuwo by 'n mobiele padblokkade sowat 40 km wes van Otavi op die grondpad tussen dié Noordedorp en Outjo in hegtenis geneem. Drie renosterhorings (twee groot en een klein) is in hul besit gevind.
Mbeha sê 'n dubbelkajuitbakkie het sowat 100 meter van die padblokkade tot stilstand gekom. "Die polisie het na die bakkie gery en beveel dat deur die padblokkade beweeg moet word, maar hulle het deur die padblokkade gejaag," het Mbeha gister gesê.
"Hulle het 'n blou sak by die voertuig uitgegooi toe die polisie die voertuig ná die padblokkade tot stilstand kon bring. Twee van die vyf insittendes het uitgespring en die bosse in gevlug."
Volgens Mbeha is die drie oorblywende mans, van wie een die bestuurder is, in hegtenis geneem. Hulle ouderdomme is 27, 29 en 33. Die ander twee was gister teen druktyd nog op vrye voet.
"Die polisie vermoed dat hulle pas van 'n renosterstropery teruggekeer het met die horings wat steeds vars was. In hul besit is ook 'n tent, komberse, water, blikkieskos, sewe patrone vir 'n 303-jaggeweer en 'n gelaaide 9 mm-pistool gevind," het Mbeha gesê.
Die drie mans sal vandag in die hof op Otavi op 'n klag van die onwettige besit van beheerde wildprodukte verskyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie