Drankwet word gewysig
Estelle de Bruyn - Ten einde alkoholmisbruik in Namibië hok te slaan, het die ministerie van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling ‘n wysigingswetsontwerp in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê.
Adjunkminister Pieter van der Walt het in die motivering van die wetsontwerp gesê dit maak onder meer voorsiening daarvoor dat dranklisensies nie aan instansies wat te naby aan skole, plekke van aanbidding en woonbuurte geleë is, toegeken mag word nie.
Alkoholiese produkte sal in die toekoms nie langer by vulstasies verkoop kan word nie. Dit word gedoen om motoriste te ontmoedig om te drink en te bestuur.
‘n Verteenwoordiger van die ministerie, plaaslike owerhede en tradisionele owerhede sal ook voortaan op die streekskomitee vir dranklisensiëring dien en met die uitreiking van dranklisensies gemoeid wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie