Dowwe week vir ‘banke’ op plaaslike indeks
Jo-Maré Duddy - Die twee swaargewigte op die plaaslike indeks van die Namibiese aandelebeurs (NSX), FNB Namibia Holdings en Capricorn Investment Group (CGP), het beide verlede week teruggesak.
CGP, die nuwe naam waaronder Bank Windhoek Holdings verlede Maandag op die NSX begin verhandel het, het Vrydag op N$17,45 per aandeel geëindig. Dit is 0,3% of 5c per aandeel laer as die vorige week se sluitingsprys. FNB het in die week onder oorsig met 1c stuk teruggesak en Vrydag op N$48 per aandeel geëindig.
Die enigste maatskappy op die plaaslike indeks wat verlede week hoër as die vorige een kon afsluit, was Namibia Asset Management (NAM). Dié groep se sluitingsprys het met 2,7% of 2c stuk tot 75c per aandeel gestyg.
Bykans N$17,4 miljoen se aandele is verlede week in totaal op die plaaslike indeks verhandel vergeleke met N$644 091 die vorige week. CGP het geldgewys met die beste verhandeling gespog met meer as N$8,28 miljoen se aandele wat in totaal van die hand gesit is.
FNB het weekverhandeling van sowat N$7,6 miljoen aangeteken, gevolg deur Namibia Breweries Ltd (NBL) met bykans N$1,2 miljoen. Ander verhandeling op die plaaslike indeks was NAM met N$187 500 en Oryx Properties Ltd met N$115 712.
Die plaaslike indeks het verlede week met 0,03% teenoor die vorige een verstewig en op 549,22 punte geëindig.
Op die algehele indeks van die NSX is bykans N$206,7 miljoen se aandele verlede week in totaal van die hand gesit teenoor sowat N$245,6 miljoen die vorige week. Dié indeks het met 4,01% teenoor die vorige week gestyg en het Vrydag op 1 037,25 punte gesluit. Die JSE se indeks van alle aandele het verlede week 0,32% verstewig.
Anglo American Plc was die weekwenner op die algehele indeks. Dié groep het Vrydag op N$168,08 per aandeel gesluit, 10% hoër as die vorige week.
Tadvest Ltd was die week se grootste verloorder met ’n sluitingsprys wat 5,1% laer as dié van die vorige week was. Tadvest het Vrydag op N$12,21 per aandeel geëindig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie