Die wu00eareld hou sy asem op
Die wu00eareld hou sy asem op

Die wêreld hou sy asem op

[email protected]
Gerine Hoff
Gerine Hoff – Drie berigte het die afgelope week my oog gevang: Hoe tuna-getalle begin herstel ná dit tot op die randjie van uitsterwing gevang is; hoe minstens 30% van die wêreld se boomspesies in die natuur uitgewis word; en Duitsland se Internasionale Motorskou wat hierdie week begin het.

Wat het visse, bome en karre met mekaar te doen?

Nee veel nie; net dat dinge in al drie dié sfere en elders sal moet verander as die mensdom en aarde wil oorleef.

Hierdie stelling klink dalk effe dramaties, maar gelukkig is daar mense en organisasies wat hulle beywer om die aarde teen sy grootste vyand – die mens self – te probeer beskerm.

Kom ons begin by die goeie nuus: Tuna-getalle is besig om te herstel ná ’n dekade van ernstige bewaringspogings, máár gelyktydig is daar al hoe meer druk op ander mariene lewe: Byna vier uit tien haaie en pylsterte word nou met uitwissing bedreig. En op land, beweeg die Komodo-draak al nader aan die vergetelheid, aldus die Internasionale Unie vir Natuurbewaring (IUCN), wie se kongres juis nou in Frankryk gehou word.

Die IUCN se “rooilys” van bedreigde spesies is die maatstaf wat gebruik word om te bepaal hoe na aan uitsterwing dier- en plantsoorte is. Ongeveer 139 000 verskillende spesies is die afgelope halfeeu nagespeur, met byna 39 000 wat nou met uitwissing bedreig word, terwyl 902 reeds uitgesterf het.

Daarby sê navorsers dat minstens 30% van die wêreld se boomsoorte (van ongeveer 60 000 spesies) uitsterwing in die gesig staar. Deskundiges sê 17 500 boomsoorte is in gedrang – twee keer die aantal bedreigde soogdiere, voëls, amfibieë en reptiele saam. Om en by 140 spesies het reeds uit die natuur verdwyn, terwyl 442 op die randjie van uitsterwing is – met ander woorde daar is minder as 50 individuele bome oor.

Die grootste bedreigings vir bome wêreldwyd is (weer eens) die mens: Bosopruiming vir die aanplant van gewasse (wat 29% van die spesies beïnvloed), houtkappery (27%), verwydering van bome vir vee of boerdery (14%), verwydering vir ontwikkeling (13%) en brande (13%). Oor die afgelope 300 jaar het die wêreldwye bosgebiede met ongeveer 40% gedaal en 29 lande het meer as 90% van hul bosbedekking verloor.

En nou vir die karre – en dalk nuus wat die aarde ’n kans gee om bietjie asem te skep: Die Duitse motorskou in München is hierdie jaar heelwat anders, juis omdat dit nie net oor motors gaan nie, maar eerder fokus op “klimaatneutrale mobiliteit”.

Die stad het paaie en openbare ruimtes geopen sodat besoekers nuwe konsepte in volhoubare vervoer self kan beproef. Daarmee saam staan fietshandelsmerke soos Specialized, Scott en Canyon hul plek vol langs die Porsches en Mercedes-Benze.

Dalk is dit omdat die skou twee jaar gelede deur klimaatsaktiviste ontwrig is, dalk omdat veral Europese regerings ambisieuse planne het om die verkoop van nuwe petrol- en dieselmotors uit te skakel. Wie weet? Die slotsom bly egter dieselfde: As ons die wêreld ’n beter plek wil maak, moet ons veel meer doen om dit te beskerm.

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.76 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.22 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.22 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 398.28/OZ UP +0.86% | Copper US$ 4.98/lb UP +2.85% | Zinc US$ 3 003.80/T UP 0.87% | Brent Crude Oil US$ 83.88/BBP UP +0.12% | Platinum US$ 1 065.37/OZ UP +0.35% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.76 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.22 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.22 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 398.28/OZ UP +0.86% | Copper US$ 4.98/lb UP +2.85% | Zinc US$ 3 003.80/T UP 0.87% | Brent Crude Oil US$ 83.88/BBP UP +0.12% | Platinum US$ 1 065.37/OZ UP +0.35%