Die gru-toneel van ’n kind se smoordood

Ma verskyn in stampvol hofsaak vir moord
Anneli Erasmus
Des Erasmus en Jessica Botes - ’n Verlate stukkie strand net meer as 100 km van Hentiesbaai in die omgewing van St. Nowhere net noord van Myl 108 was Maandagaand die toneel van ’n beweerde gruwel waarin ’n meisietjie twee dae voor haar derde verjaardag gister gesterf het.

Op die agterste sitplek het ’n vrou en ’n kind gelê met die voertuig wat tot aan sy aste in die sand vasgeval het.

Die vrou het beweer hulle slaap daar. Op versoek is die kind aangegee. Die kleinding was onnatuurlik koud. Die kind, Ava Owoses, is vir ’n tweede mening aan ’n vrouelid van die reddingspan gegee. Daar was geen polsslag meer nie. Ava was dood.

Haar ma, me. Zenobia Seas (32), was duidelik onder die invloed van die een of ander middel. In die kar was baie papiere, vuuraanstekers en brandhout wat saamgery was.

Dit was die toneel wat reserviste van die Swakopmundse Buurtwag Maandag omstreeks 23:00 begroet het nadat alarm omstreeks 16:30 op Swakopmund oor die vermiste vrou en kind gemaak is. ’n Soektog het begin, maar dit het eers rigting gekry toe GPS-koördinate omstreeks 19:30 verstrek is.

Die vrou en kind was op die agterste sitplek en dit het gelyk of hulle slaap. Die motor was gesluit. Die ma is wakker gemaak. Sy het gesê die baba slaap. Seas, verbonde aan die Husab-uraanmyn in die Namib, het die motor op versoek oopgesluit toe die reserviste gesê het hulle sal help om die voertuig uit die sand te kry. Toe is die kind aan die reserviste gegee.

Volgens beskikbare inligting werk die kind se pa in Windhoek en verjaar hy op dieselfde dag as sy dogtertjie.

PROBEER BRAND STIG

Seas het onsamehangend Afrikaans gepraat en was in ’n stadium self buite die motor. Toe het sy terug in die motor gespring en die deure gesluit. In die kajuit het sy stukke papier bymekaar gemaak en aan die brand gesteek. Onder die voertuig was die brandhout.

Sy is gevra om oop te maak, maar het geweier. Toe is die voertuig se twee ruite aan die regterkant met ’n klip stukkend gegooi om toegang te kry. Die motorsleutels is onder die “slapende” kind gevind en die deure is oopgesluit en die brandende papier geblus. Toe sy ’n tweede keer probeer het om brand te stig, is sy aan haar hande gebind. Eie familie het ook opgedaag.

Seas is geboei en daar is op die polisie gewag met die ondersoek wat eers om 02:20 deur die polisie van Hentiesbaai oorgeneem is.

In ’n gesprek met van die eerstes op die toneel was geen verwysing na ’n lap waarmee die kind moontlik versmoor kon wees nie. Daar was wel ’n vermoede dat die kind kamferolie ingegee is en haar mond en neus toe toegedruk kon wees.

HOFVERSKYNING

Hordes mense, vriende en familielede het vroeg gisteroggend voor die hof versamel om die ma se eerste hofverskyning by te woon. Na Seas se aankoms by die hof in ’n polisievoertuig het die skare mense rondom die voertuig saamgedrom. Niemand kon egter die beskuldigde onder oë kry nie, omdat sy haar kop en lyf onder ’n kombers versteek het.

Lede van die polisie het vir Seas in die voertuig na ’n binnehof agter die hof vervoer waar hulle haar agter geslote deure na die hofsaal begelei het. Ook die hofsaal was vol nuuskierige toeskouers en lede van die media is vir ’n lang tydperk nie toegelaat om in te gaan nie.

Seas het voor landdros Surita Savage op ’n klag van moord, saamgelees met die wet op die bekamping van huishoudelike geweld, verskyn. Seas het gesê sy sal om regshulp aansoek doen.

Staatsaanklaer Paulus Shilongo het die landdros versoek om nie borgtog aan die beskuldigde toe te staan nie, vanweë die erns van die oortreding en omdat die polisie se ondersoek nog nie afgehandel is nie. Hy het ook gesê die staat is sterk gekant teen die toekenning van borgtog, omdat haar veiligheid moontlik in gedrang kan wees. Hy het gesê die wyse waarop die moord gepleeg is, het baie openbare belang in die saak gaande gemaak.

Savage het gelas dat Seas by die polisieselle in Narraville op Walvisbaai in aanhouding moet bly tot sy ’n formele aansoek om borgtog by die hof ingedien het. Die verhoor is tot 15 November uitgestel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.54 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.86 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 343.84/OZ UP +0.56% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.80% | Zinc US$ 2 883.10/T UP 1.01% | Brent Crude Oil US$ 89.22/BBP UP +0.36% | Platinum US$ 913.68/OZ DOWN -0.0024 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.54 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.86 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 343.84/OZ UP +0.56% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.80% | Zinc US$ 2 883.10/T UP 1.01% | Brent Crude Oil US$ 89.22/BBP UP +0.36% | Platinum US$ 913.68/OZ DOWN -0.0024