Die eerste skooldag iets vir altyd se onthou
Des Erasmus - Oupagrootjie onthou sy eerste skooldag nog goed, maar kan dit nie juis met die kleine kabouter van 2017 deel nie. Net die hartseer het gebly van die gedeeltelike skeiding met die eerste vlug van die mensekuiken uit die nes. Ook dit het ‘n bietjie afgeskaal.
In Desember was die Singer-naaimasjien in die koeler stoepkamer reeds ‘n voorbode van wat gaan kom. Dis waar die hempies en die broekies vir die eerste en blinknuwe skooljaar gemaak was. Waardering vir die toewyding waarmee die moederstaak aangepak was, het ietwat vervaag agter die gordyn wat die gereelde aanpassery geskep het. Dis waar die jonge brannie hom moes aanmeld terwyl sy groter maats buite albaster gespeel het. “Big Ring” en “Rob” en daai speletjies.
Behalwe vir die skryf van tjekkies was tot ‘n dag of twee voor die eerste skooldag ‘n kleiner rol van vaderskant. Eers hier op die nipper het hy die ryery vir die eerste skooldag beplan. In die boerdery was daar twee karre. Een was ‘n Buick wat behalwe vir Sondae in die skeerhuis staan. Die ander was ‘n Austin-bakkietjie waarvan die dagtake onder meer die aanry van waatlemoene en spanspekke uit die akkers was. Die Buick was die kerkkar waarmee die gesin op Sondae die paar myl na die dorpskerk in gewyde ootmoed moes ry. Toe word die Buick vir die eerste skooldag afgestof, want dit was ‘n geleentheid.
Maar o wee! Daardie eerste oggend vat die kerkkar nie. Eintlik weens die reën, maar in Afrika nimmer die reën se skuld nie. Die riviere was in vloed en die driwwe van die Paulsrivier te verraderlik om dit in te waag. Buitendien was die gemeente se groot predikant met verlof en was dit twee agtereenvolgende Sondae die temerige dominee Pieper wat sou preek. Toe staan die Buick en word die Austin die eerste dag se skoolkar. Die groetslag van moederskant word nog onthou. Die wit hempie se kraag is ‘n laaste keer met sagte liefde mooi uitgevou en die kruisbande is so effe reggetrek.
En ek het gewonder watse nattigheid is daar om haar oë.
Die eerste skooldag was in die aanloop groter opwinding as hartseer, want die skooljuffer was ta’ Ellie Jones van oorkant die spoor. Ken haar lankal, want daar was saamgery wanneer aartappels ruilgoed vir haar lemoene en suurlemoene was. Vir die kleinman was daar altyd haar bederf. Sou nooit kon reken dat die ta’ Ellie is ‘n anderste miesies Jones in die klaskamer nie. Almal van sub A tot standerd 6 was daar saamgebondel. Eers by die plaaswinkel en die kliniek naby die skool verby het tekens van angs uitgeslaan. Sitplekke vir standerdgenote was in blokke, maar binne die blok was sit maar vry. Myne het ek by ‘n venster gekry met ‘n uitsig tot voor die winkel om darem te weet die Austintjie staan nog daar. Soos afgespreek was die karretjie om twaalfuur op sy plek wanneer die groentjies huis toe kon gaan.
Dit was aanvanklike weelde, want gaandeweg het ou Liet op sy trapfiets met die tweede roostersaal die rywerk oorgeneem. Toe het die donkiekar ‘n meer permanente instelling geword. Soms was dit ook voetsaam die byna twee kilometer huis toe. Op sigself was dit natuurstudie, want die roete deur oop velde het verby die gat gestrek waar die erdvark bly en die haas se lêplek was ook daar. By die langdam is oor die wal geloer vir bewondering van die eend se kuikens by die waterkant.
Trots was die eerste dag se besit van goed wat skoolbeginners van die hede nie meer ken nie. ‘n Oefenboekie met ‘n omslag van sagte karton en ‘n griffel en ‘n lei. By die huis is vertel van die groter kinders wat van Sus en Daan gelees het.
Vandag het die onderwys gevorder op wat dit sewentig jaar en langer gelede was.
Of het dit?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie