Die duister toekoms
Die duister toekoms

Die duister toekoms

Augetto Graig
Augetto Graig - Ek sien soms 'n duister toekoms vir ons land en sy mense. Dit blyk dat daar net nie rigting vir Namibië gekry kan word nie. Ons prioriteite is so verkeerd dat die hoop in my hart soms net verdamp.
Dis asof daar eintlik twee heel verskillende Namibië’s is. Daar is die Namibië waarin 'n paar mense bly waar daar oorgenoeg is: Oorgenoeg kos, oorgenoeg geld, oorgenoeg tyd en voordeel.
Dan is daar die ander Namibië waar daar nooit genoeg is nie. Die een sit mooi op die ander se rug, en dié wat bo sit, kyk nooit af nie en besef blykbaar nie die armoede en swaarkry waarmee die meerderheid sit nie. Dit maak my as mens soms moedeloos.
So veel is al gesê oor die verskil tussen Namibië se rykes en armes. So baie keer hoor ons hoe die gaping tussen die twee moet verklein word. Nogtans bewys ons leiers keer op keer dat hul woorde maar net soveel warm lug is.
Kyk na die verskil tussen inkomste van dié wat oorgenoeg het, en dié wat altyd te min het. Dit groei net. As iemand vorder, word hulle voorgetrek.
Sê nou jy het geld in die bank. Hou meer daar in jou bankrekening is, hou minder bankkoste word gehef. Jou lening word vinniger goedgekeur en die rentekoers is minder. Die bank sal selfs vir jou vinnig ? oortrokke rekening aanbied sonder om 'n oog te knip.
Kom ons praat eerder oor die kwessie wat op almal se lippe is: grond. Sê nou jy het dringend 'n stukkie grond nodig om jou familie te huisves. As jy “spesiaal” is, of deel is van dié wat oorgenoeg het, sal die raad, veral in die land se hoofstad, vinnig aan jou 'n erf verkoop teen 'n deel van die waarde.
Tog, as jy nie ryk of “spesiaal” is nie word die prys net verhoog. Ons sit nou tans in 'n situasie waar 'n groot hoeveelheid huise ingevolge die Massabehuisingsprojek op baie dorpies in die land gebou is. Die huisies is bedoel vir die armes in Namibië wat kronies ’n behuisingstekort ondervind. Tog is die pryse van die huise nie net onbekostigbaar nie, maar so verhoog dat die banke dit glad nie wil finansier nie. Geen bank is bereid om N$500 000 te leen vir die koop van 'n huis wat sy eie waardeerders minder as N$300 000 werd skat nie. Oral in Namibië staan rye leë huisies terwyl die mense net 'n klipgooi verder in plakkersdorpe bly.
Kom ons praat oor opvoeding, wat ons leiers keer op keer sê die enigste oplossing vir armoede is. Hul kinders woon privaatskole waar hulle die beste opvoeding geniet. Die armes woon staatskole by waar 'n tekort aan boeke tot banke tot onderwysers is. Duidelik sal die armes só nooit uit hul ellende kom nie, maar die paar Namibiërs wat goed lewe, verseker 'n blink toekoms vir hul kinders.
Gesondheid is ook 'n groot faktor is die handhaaf van 'n goeie lewe. Namibië se rykes kan bekostig om by die private hospitale die beste behandeling te kry as hul siek word. Die res moet by staatshospitale gaan waar selfs 'n blote hoofpyn vinnig in 'n doodsvonnis kan verander.
My probleem met alles is wat dit vir ons gesamentlike toekoms inhou. As ons geskiedenis ons enige iets leer, is dit dat as die meerderheid vir lank genoeg ly, sal hulle opstaan. Ons hoef net oor die grens te kyk na wat nou in Suid-Afrika gebeur om te sien dat chaos en woede die eindpunt is. Geboue word afgebrand en gemeenskappe word aangeval. Dit is waarheen Namibië op pad is en soos dit nou gaan, sien ek nie hou dit gestop sal word nie. Ek weet nie mense, maar dinge lyk nie vir my goed nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A