Dapper stappers vir kinders met outisme
Henriette Lamprecht - In hul kort tydjie in Namibië is hulle oorweldig deur inwoners se goedhartigheid en vrygewigheid en ondersteuning het van ’n slaapplek tot ’n bord kos gewissel.
’n Epiese staptog wat van die Ugabrivier tot by Alexanderbaai strek om bewustheid oor kinders met outisme aan te wakker, het Vrydag amptelik afgeskop. Die klompie stappers onder leiding van mnr. Angus Moore van Langebaan, Suid-Afrika, stap onder die vaandel van “The Big Autism Thing” en hoop om broodnodige geld vir die Namibiese Outismevereniging in te samel. Die wegspringplek was die Ugabrivier in die Skedelkus Nasionale Park met die roete wat al langs die kuslyn oor 2 300 km tot by Alexanderbaai strek.
BEWUS
Die groep stappers hoop om met die epiese staptog ook bewusmaking aan te wakker vir kinders met outisme. Die groep stappers, wat hoop om op 5 November in Kaapstad te wees, se ouderdomme en lande van herkoms wissel. Buiten Moore (52), stap me. Hilda Cronje (48, Suid-Afrika), Cameron Moore (18, Suid-Afrika), Chase Daddee (18, Suid-Afrika), mnr. Hilton Johnson (59, Nieu-Seeland) en me. Janine Johnson (56, Nieu-Seeland) saam.
Volgens een van die stappers, me. Janine Johnson, is die doel van die geldinsameling om die onderrig en dienste wat voorsien in die spesiale behoeftes van outistiese kinders en hul gesinne, te ondersteun.
“Al die geld wat in Namibië ingesamel word, gaan aan die Namibiese Outismevereniging.”
Die staptog se roete strek kuslangs tot in Walvisbaai en draai dan die binneland in tot by Oranjemund. Dan verder suid waar die groep die grens by Alexanderbaai sal oorsteek.
“Wees op die uitkyk vir die groep onverskrokke stappers en waai vriendelik as julle hulle sien!” Verskeie maatskappye het hul gewig agter die staptog ingegooi, met Total wat ’n groot gedeelte van die span se brandstofkoste borg. Die stappers se vordering kan op die Facebookblad Big Autism Thing gevolg word, terwyl nog inligting op die webtuiste www.bigautismthing.com beskikbaar is.
• Feite oor outisme: Outisme raak een uit 68 kinders en een uit 42 seuns. Die voorkoms van outisme is besig om te styg en is in Amerika een van die ontwikkelingsafwykings wat die vinnigste toeneem. Die afwyking jaag ’n gesin jaarliks gemiddeld sowat N$820 000 uit die sak. Seuns is vyf keer meer geneig as meisies om outisme te hê en daar is geen mediese opsporing of geneesmiddel daarteen nie. Minder as 0,5% van kinders met outisme ontvang onderrig wat in

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie