Covid-19: Gevallestudie uitgebrei
Gevallestudies vir die toets van Covid-19 is uitgebrei om nou persone met lugweginfeksies (respiratoriese infeksies) ook te toets al het hulle nie na die buiteland gereis of was hulle in kontak met iemand wat positief vir die siekte getoets het nie.
Volgens mnr. Theo-Ben Kandjetu, hoof van gevallebestuur in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) is dit in ‘n poging om enige gemeenskapsoordrag van die siekte te bepaal. Tans word die verhoogde toetse in die Khomas-, //Kharas- en Erongostreek uitgevoer, maar is die plan om dit later uit te brei.
Namibië het steeds net 16 gevalle van Covid-19 in die land met 437 weefselmonsters wat tot op hede getoets is. Tans is 105 mense in kwarantyn.
Intussen sê vakbonde wat aan ‘n gesprek deelgeneem het oor die impak van Covid-19 op die land se arbeidsektor hulle word uitgesluit in dialoog.
Mnr. Job Muniaro, sekretaris-generaal van die Nasionale Unie vir Namibiese werkers (NUNW) het die beskerming van werkers as ‘n “donker kwessie” beskryf en onder meer verwys na “verpleegsters wat gevangene gehou word”.
“Ons weet nie wie en waar nie en kry geen antwoorde nie. Dit terwyl ons die eerstes was wat vir dialoog gevra het,” het Muniaro gesê.
Hy het beklemtoon die land was geensins voorbereid op die impak wat die pandemie op die land se ekonomie sou hê nie.
“Die ekonomie gaan jare neem om te herstel, indien dit ooit gaan,” het hy gesê en verwys na onder meer reuse werksverliese en noodgedwonge afleggings. Volgens mnr. Daan Strauss van die Namibiese Werkgewersfederasie (NEF) is inligting en navorsing nodig om die presiese impak van die pandemie op die land se ekonomie te bepaal. Hy het gemaan die “ergste lê nog voor” en platforms moet geskep waar alle rolspelers insette kan lewer om die pandemie en die ekonomie te bestuur.
Op sy beurt het mnr. Mahongora Kavihuha, sekretaris-generaal van die Vakbondkongres van Namibië (TUCNA) verwys na die vier pilare wat onder meer die stimulering van die ekonomie en werkskepping, die ondersteuning van ondernemings en inkomste, die beskerming van werkers en maatskaplike dialoog insluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie