Chinese smokkelaars vandag gevonnis
Die twee Chinese mans wat stukke olifanttande in koffieblikke weggesteek het, word vandag gevonnis.
Francoise Steynberg - Twee Chinese ivoorsmokkelaars wat in Desember by die Kapps Farm-padblokkade op pad na die Internasionale Lughawe Hosea Kutako met 12 stukkies ivoor in koffieblikke betrap is, het Dinsdag in die Windhoekse landdroshof skuldig gepleit.
Hulle word vandag gevonnis.
Xue Xinxi (48) en Ruhe Zhang (61) is skuldig bevind aan die onwettige besit van en handel in beheerde wildprodukte (ivoor).
Hul regsverteenwoordiger, mnr. Mbushandje Ntinda, het sy kliënte se verklarings voorgelees en gesê albei is eerste oortreders.
"Xinxi is getroud en het 'n 16-jarige seun in China. Hy was met 'n werkspermit in Namibië waar hy vir die Chinese konstruksiemaatskiappy Chindeo Construction International gewerk het," het Ntinda gesê.
Ruhe is ook getroud en het 'n 32-jarige dogter in China. Hy het vir dieselfde maatskappy gewerk.
"Hy het ernstige hartprobleme en het al verskeie ligte hartaanvalle gehad. Hy het ook ernstige maagprobleme en Namibiese cuisine is nie geskik vir sy toestand nie."
Ntinda sê albei het berou en pleit om genade. Hulle het skuldig gepleit om nie die gereg se kosbare tyd te mors nie. Volgens Ntinda was hulle op pad na die lughawe om na China te vlieg.
"Die waarde van die 1,1 kg ivoor is N$1 000 en omdat hulle eerste oortreders is, moet hulle eerder 'n boete in plaas van tronkstraf opgelê word," het hul regsverteenwoordiger gepleit.
Hy het 'n boete van N$10 000 elk vir elke klag voorgestel, dus N$20 000 elk.
Die staatsaanklaer, mnr. Joseph Andreas, het gesê dit is ernstige oortredings en volgens die strafvoorwaardes is die eerste klag (onwettige besit) 'n boete van N$20 000 of vyf jaar tronkstraf, terwyl die tweede klag (onwettige handel) 'n boete van N$200 000 of 20 jaar agter tralies behels.
"Die oortredings kom sonder twyfel gereeld in Namibië voor en ons kan nie die mediaberigte ignoreer waar mense op 'n daaglikse basis met olifanttande of renosterhorings gevang word nie," het Andreas gesê.
"Die gewig van 1,1 kg en waarde van die produkte speel 'n belangrike rol in die geskikte vonnisse. Ek stem saam dat 'n geskikte vonnis 'n boete van altesaam N$20 000 elk of vier jaar gevangenisstraf is," het die aanklaer gesê.
Die saak spruit uit die polisie by die padblokkade wat snuf in die neus gekry toe hulle die koffieblikke by die Chinese op pad na die lughawe op 7 Desember 2016 gesien het. Die olifanttande is in stukkies opgesny, in plastieksakke toegedraai en in die koffieblikke versteek. Koffiepoeier is bo-oor gestrooi.
Die Chinese is op 24 Februarie op borgtog van N$20 000 elk vrygelaat
Landddros Vanessa Stanley sal vandag vonnis oplê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie