Buitelandse reserwes: Nam wéér in die 'rooi'
Angola se skuld US$336 miljoen
Jo-Maré Duddy – Namibië se buitelandse reserwes op 12 Augustus was N$19,2 miljard, genoeg om vir 2,4 maande van die land se invoere te betaal.
Dit beteken Namibië is opnuut onder die internasionale standaard van drie maande en ver van sy teiken van tussen drie en vyf maande se invoerdekking. Dit is minder as ‘n jaar ná die regering ‘n Eurobond van US$750 miljoen moes uitreik waarvan die helfte in buitelandse reserwes ingepomp is juis om aan die teiken te voldoen.
Die jongste syfers is gister deur Ebson Uanguta, adjunkpresident van die Bank of Namibia (BoN), tydens die monetêre beleidsaankondiging bekend gemaak. Die sentrale bank het besluit om sy repokoers onveranderd op 7% te laat, wat beteken handelsbanke se prima-uitleenkoerse sal ook onveranderd op 10,75% bly. ‘n Verlangsaming in kredietverlening aan die sakesektor en verbruikers was die vernaamste rede vir dié besluit.
Die BoN hou buitelandse reserwes met ‘n arendsoog dop, aangesien dit voldoende moet wees om die een-vir-een koppeling van die Namibiese dollar aan die rand te verseker.
Namibië se buitelandse reserwes is sowat 13% minder as die N$22,1 miljard op 13 Junie wat in die vorige monetêre beleidsaankondiging twee maande gelede bekend gemaak is. Op 11 April het buitelandse reserwes op N$26,6 miljard gestaan, terwyl dit op 11 Februarie N$27,4 miljard beloop het.
Intussen skuld die sentrale bank van Angola, Banco Nacionale de Angola (BNA), die BoN steeds US$366 miljoen – net ‘n raps minder as die Eurobond-gedeelte van US$375 miljoen waarvoor die regering moes gaan bakhand staan om buitelandse reserwes op te pof.
Die BNA-skuld spruit uit die aanvanklike omskakelingsooreenkoms tussen Namibiese dollar en kwanza in Junie verlede jaar wat tot 'n massa-uitvloei van kapitaal uit Angola gelei het. Ingevolge die oorspronklike ooreenkoms sou die BoN elke 30 dae kwanza na die BNA terugstuur waarvoor die Angolese sentrale bank die plaaslike een in Amerikaanse dollar moes vergoed. Die BNA kon dit egter nie bybring nie en 'n hersiende betalingskedule van een keer per kwartaal is goedgekeur.
Tot dusver het die BNA US$60 miljoen aan die BoN terugbetaal, het Emma Haiyambo, adjunkdirekteur van finansiële sektorontwikkeling en kommunikasie, vroeër vandeesmaand aan Republikein gesê. Die BNA het tot dusver sy kwartaallikse verpligtinge teenoor die BoN nagekom, sê Haiyambo.
Uanguta het gister die afname in buitelandse reserwes aan hoë invoere toegeskryf. Dié invoere is egter produksiegedrewe en help om die ekonomie te ontwikkel en dus is die BoN is bekommerd daaroor nie.
Volgens die Namibië Statistiekagentskap (NSA) is bykans N$23,86 miljard se goedere in die tweede kwartaal vanjaar ingevoer, 6% meer as die vorige kwartaal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie