‘Buitelandse beleid is ook binnelandse beleid’
Namibië se buitelandse beleid is dieselfde as die binnelandse beleid en om hierdie rede is dit die verantwoordelikheid van elke Namibiër om ’n bydrae te lewer.
So het die adjunkpremier en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, gesê met die sluiting van die weeklange konferensie wat die land se buitelandse beleid hersien het. Die konferensie het Vrydag ten einde geloop.
Die wye deelname deur afgevaardigdes van ander ministeries is deur Nandi-Ndaitwah as ’n positiewe bydrae in dié verband bestempel.
“Dit is belangrik dat ons meer doeltreffende en geïntegreerde diplomasie nastreef. Ons moet byvoorbeeld die sogenaamde blou ekonomie, of visserye-sektor, beter waardeer vir die reusevoordele wat dit vir Namibië inhou en kyk hoe ons landbounywerhede, handel en beleggings ten volle kan benut.
“Die beeld wat ons van Namibië skep, raak ook ons toerismebedryf, hoeveel ons op streek- en internasionale vlakke kan vermag asook die aspirasies van ons jongmense,” het Nandi-Ndaitwah gesê.
Sy sê die dokument onder die opskrif “Namibiese beleid op internasionale betrekkinge en samewerking”, wat nou opgestel word, sal die leiding gee vir hoe Namibië voortaan sy buitelandse betrekkinge sal onderneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie