Brexit dalk eers in 2019
Brittanje se uittrede uit die Europese Unie (EU) kan dalk tot laat in 2019 vertraag word omdat ’n nuwe departement wat opgestel word vir dié oorgang nog nie gereed is om met onderhandelinge te begin nie, het die Britse Sunday Times berig.
Personeel moet nog gewerf word wat dit onwaarskynlik maak dat Brittanje die proses voor laat volgende jaar in werking gaan stel. Brittanje moet eers artikel 50 bekragtig waarna hy twee jaar het om die EU te verlaat.
Daar is verwag dat die premier, Theresa May, Brexit vroeg in 2017 sou laat begin omdat daar politieke druk op haar is.
Die Britse pond gaan na verwagting vandeesweek onder meer druk kom wanneer ekonomiese data oor inflasie, kleinhandel en werkloosheid uitgereik word. Dit sal na verwagting die ware omvang van die gevolge van Brexit aandui en hoe die ekonomie ná die referendum van 23 Junie gevaar het.
Die pond was een van die duidelikste slagoffers van Brexit en het sy slegste dag ooit gehad. Sy verlies het verlede week verdiep toe die Bank van Engeland besluit het om rentekoerse te verlaag.
Die pond het reeds meer as 13% verswak sedert Brexit en het verlede week vir die eerste keer sedert Julie tot onder U$1,30 geval, al nader aan die laagste vlak in drie dekades van U$1,2798 wat ná die referendum bereik is.
Die pond het Vrydag sy laagste vlak sedert die referendum en die laagste vlak sedert Augustus 2013 teen die euro bereik.
Peilings het sedert 23 Junie getoon daar is ’n inkrimping in konstruksie, vervaardiging en dienste, maar vandeesweek se data gaan duideliker bewyse van die referendum se impak op die ekonomie toon.
Ekonome verwag die inligting gaan toon werkloosheid het sedert Julie gestyg en dat kleinhandelverkope skaars toegeneem het.– Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie