Brandstoftenkwa brand uit
’n Brandstoftenkwa het Vrydagnag sowat 35 kilometer buite Otjiwarongo op die pad na Kalkfeld uitgebrand. Die bestuurder het die voorhaker afgehaak en na bewering Otjiwarongo toe gery. Boere het die vlamme en rooi gloed van die vuur 30 kilometer ver gesien. Volgens me. Liezle Visagie was die tenkwa bo oop en die brandstof het binne in die tenkwa gebrand. “Dit het omtrent die hele nag gebrand en die tenkwa is heeltemal verwoes,” het sy gesê. Dit is nie duidelik waarom die brandstof aan die brand geslaan het nie.
Foto Liezle Visagie
Foto Liezle Visagie
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie