Boer sterf ná hy onder ploeg beland
Die 66-jarige mnr. Friedl Burger van die kleinhoewe Endes by Otavi is in die staatshospitaal op Tsumeb dood nadat hy veelvuldige beserings opgedoen het toe hy van die trekker afgeval en onder die ploeg beland het.
Dr. Bert Boshoff, mediese dokter en 'n kennis van Burger, het aan Republikein gesê die voorval het Donderdag plaasgevind toe hy in die lande besig was om een van sy plaaswerkers op te lei om die trekker te bestuur.
Burger het volgens inligting van die trekker afgeval toe die werker te vinnig weggetrek en die trekker vorentoe geruk het.
Boshoff sê Burger het veelvuldige skrape en snye opgedoen toe hy onder die ploeg agter die trekker beland het. Daar was ook 'n diep wond aan sy been.
" Sy broer, die afgetrede dr. Volkies Burger wat saam met hom op Endes woon, het met hom by my aangekom en ek het sommer in die motor vir hom 'n drup aangesit en gesê hulle moet dadelik deurry na die hospitaal op Tsumeb," het Boshoff vertel.
Volgens hom is Burger kort ná sy aankoms by die hospitaal oorlede. Die vermoede is dat hy ook inwendige beserings opgedoen het.
Burger se naasbestaandes kon nie vir inligting oor die begrafnisreëlings bereik word nie. Sover bekend, laat hy sy vrou en twee seuns agter.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie