Afrigter stomgeslaan oor klag teen Junias
Andrew Poolman - Die Namibiese vlagdraer by die Olimpiese Spele, die bokser Junias Jonas, is in Rio de Janeiro in hegtenis geneem nadat hy glo 'n skoonmaker by die Olimpiese dorpie seksueel wou aanrand.
Sy afrigter, Mistake Gariseb, het gister aan Republikein gesê Jonas (22) is al Sondag in hegtenis geneem.
Gariseb sê hy weet nie wat werklik gebeur het nie.
" Al die hotelkamers se deure is oop. Ons is oor die middaguur van die probleem ingelig."
Gariseb sê sy vorige toerondervindings met die jong Swakopmundse bokser was dat hy meestal sy vrye tyd bestee deur speletjies op sy selfoon te speel.
" Ek het nog nooit vreemde gedrag by ho opgemerk terwyl ek saam met hom was nie en niemand het ooit stories oor enige onvanpaste gedrag oor hom by my aangedra nie."
Volgens berigte is Jonas in polisie-aanhouding in die Bangu-gevangeniskompleks in westelike Rio de Janeiro en word die saak ondersoek. Teen druktyd was geen volledige inligting beskikbaar nie.
Die Namibiese missiehoof, adv. Jesse Schickerling, het Jonas se inhegtenisneming teenoor Nampa bevestig. Hy het gesê hulle is besig met onderhandelinge met hul prokureurs en die Internasionale Olimpiese Komitee om 'n oplossing te vind.
Jonas sou vroeg Vrydagoggend (Namibiese tyd) in sy openingsgeveg in die ligweltergewig-kategorie teen Hassan Amzile van Frankryk in die kryt klim.
Jonas is die tweede bokser wat wat vir beweerde verkragting of poging tot verkragting van 'n skoonmaker by die Olimpiese dorpie in hegtenis geneem is. Die Marokkaanse bokser Hassan Saade is verlede Vrydag vir beweerde seksuele aanranding van twee skoonmakers in hegtenis geneem. Ook hy is in aanhouding in die Bangu-gevangeniskompleks.
Volgens USA Today het die Internasionale Boksvereniging (AIBA) in 'n mediaverklaring gesê dit het vertroue dat Brasiliaanse owerhede die saak toepaslik sal hanteer en wou geen verdere kommentaar lewer nie.
Jonas is as een van die land se min realistiese medalje-kandidate beskou. Hy het reeds silwermedaljes by die Afrika-spele in Brazzaville, asook by die 2014 Statebondspele in Glasgow gewen. - Nampa en eie berig

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie