African Stars skyn weer by Geingob-beker
Tielman van Lill - Die sokkerpubliek het African Stars in ’n SMS-peiling gekies om op Saterdag 6 Augustus om 14:00 teen Tigers in die Onafhanklikheidstadion in die voorwedstryd op die veld te draf.
Stars se gewildheid is deur die land se sokkerondersteuners onderstreep toe hy 25 928 stemme teen Unam se 25 874 op hom getrek het om die studente met ’n skrale 54 stemme te klop. Beide dié klubs se ondersteuners het in die proses meer as N$77 000 aan hul SMS-stemme bestee.
Die derde meeste stemme was vir FNB Black Africa met 13 704 wat nie naby Stars of Unam kon kom nie.
Beide Tigers, wat die 2015-2016 MTC Namibiese Premierliga-kampioene is, en Stars sal N$400 000 vir hul verskyning in die Dr. Hage Geingob-toernooi ontvang.
Dié bedrag is vanjaar N$50 000 meer as verlede jaar toe Julinho Sporting van Rundu die eer gehad het om sy verskyning teen African Stars te maak. Stars was toe die heersende Namibiese Premierliga-kampioen.
In die hoofwedstryd op 6 Augustus om 16:00 draf Mamelodi Sundowns teen Orlando Pirates op. Dié botsing tussen die twee Suid-Afrikaanse reuse behoort sokkerentoesiaste behoorlik gaande te hê.
Nie net is Sundowns die huidige houer van die Geingob-beker nie, maar ook die kampioene van die Suid-Afrikaanse Premier Sokkerliga (PSL) wat skitter met sterre wat almal na die hoofstad sal reis. Die klub is boonop op die drumpel om die halfeindstryd van die Afrika Kampioeneliga te haal.
Die naaswenners sal op Sondag 7 Augustus om 14:00 teen mekaar speel, voor die twee wenners van die vorige dag se bulstryd wat vanjaar se Dr. Hage Geingob-bekerkampioen sal bepaal.
Woordvoerders van African Stars sê die komende wedstryde is net die regte platform om te verseker dat die klub op ’n goeie voet wegspring ná sy teleurstellende eindposisie in die vorige seisoen.
Al vier klubs sal hierdie kans wil gebruik om hul spelersdiepte in elke posisie op die proef te stel en te kyk waar versterkings nog aangebring moet word.
Op die veld sal dit egter ’n warm stryd wees tussen vier klubs wie se ondersteuners almal hoë verwagtinge koester om rondom daardie blink trofee fees te vier.
’n Kaartjie van N$20 sal jou toegang vir een dag se sokkerpret gee.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie