Affies gryp kleinste kanse in spannende finaal

Afrigters Johan Zaayman en Herman Lintvelt se span het 'n aksiebelaaide wipplankstryd in die doodsnikke beklink.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Namibiese skolerugby is oorwegend op 'n gesonde voet, indien die naweek se eindrondes van die Momentum Raadstrofee in al die ouderdomsgroepe as maatstaf gebruik word.

Ná 'n uiters kompeterende seisoen tussen sewe skole in die onder 19 premierliga, het KMC/JCC Windhoek Afrikaanse Privaatskool sy titel in die Superliga behou deur Rubicon Tsumeb Gimnasium met 37-34 te klop – maar eers ná 'n eindstryd so gedenkwaardig en aksiebelaai as enige van die afgelope jare.

Dit was gewis nie die enigste prominente finaal van die naweek wat eers in die doodsnikke beslis is met net 'n skrale punteverskil tussen twee enduit vasberade opponente nie.

Die talent wat op vertoon was, onderstreep ook die gevoel dat Namibië ná die verlies van sy deelname aan die o.18 Cravenweek meer geleent­hede vir sy topspelers moet vind.

Die wedersydse respek tussen Affies en Tsumeb, wat ook as die twee topspanne ná die ligaseisoen geëindig het, was vooraf en agterna beklemtoon – al het hulle mekaar vir die volle 70 minute kliphard opgedreun.

So trots as wat mnr. Johan Zaayman, afrigter van Affies, op die prestasie van 'n tweede triomf in twee jaar vir sy skool was, het hy nietemin toegegee: “Wanneer laas het ons só 'n eindstryd gesien? My hart bloei vir Tsumeb se seuns. Hulle het gewis nie verdien om te verloor nie.”

Die gees waarin al die skole meegeding het, is sonder twyfel te danke aan die positiewe atmosfeer wat met doelbewustheid deur veteraan administrateurs soos mnre. Hermann Rust, Abie van Wyk en andere gekoester word.

Met afkondigings oor die luidspreker soos “Nee, ons boe nie by skolerugby nie” word deurentyd 'n vinger op die pols gehou om te verseker dat toeskouers nie te erg deur hul emosies meegevoer raak nie.

Een van Affies se groot helde was die skrumskakel Louis Karsten, wat met die heel laaste aksie verby twee opponente gewriemel het vir sy tweede drie van die wedstryd. Die TV-skeidsregter is betrek om seker te maak dat die bal wat van 'n spanmaat se skouer af in sy hande gespat het, nie 'n vorentoe aangee was nie.

Karsten het vroeër ook 'n deurslaggewende drie gedruk met 'n vlym­skerp breekslag. Hy het sy gaping raakgesien toe 'n lopie deur sy flank en kaptein De Wet Oosthuizen gestuit is.

Keanu Engelbrecht (losskakel) was nog 'n toonbeeld van 'n Affies-span wat teen die verwagtinge in elke halwe kans vir punte benut het en wat dus nooit buite rekening gelaat kon word nie. Een van sy strafskoppe het van die regoppaal weggespat en nog een doelskop was mis, maar twee doel­skoppe het wel van die kantlyn af deurgeseil, tesame met vyf strafdoele.

'n Meer volledige wedstrydverslag oor die Superliga-finaal verskyn op 'n binneblad, in Sport Wrap.

Ter opsomming was Saterdag se uitslae soos volg, met die aangewese beste voorspeler en agterspeler ook aangedui:

Onder 15B-finaal: Windhoek Gimnasium B klop Pro-Ed Akademie met 19-15 (agtsteman JC la Cock van Pro-Ed, losskakel Divan Steyn van Gim).

Onder 14A-finaal: Windhoek Gimnasium klop Walvisbaai met 17-6 (flank Mauricio Eberenz en senter Stefan Gildenhuys, beide van Gim).

Onder 19C-finaal: Walvisbaai II klop WHS IV met 24-22 (Joe Losper, agtsteman van WHS, Lucio Isaacs, senter van Walvisbaai).

Onder 15A-finaal: Windhoek Gimnasium klop Moria met 37-24 (haker Piet During van Moria, senter Owen Hawanga van Gim druk elk twee drieë).

Onder 19 Superliga plaatfinaal: Schoemans-groep Windhoek Gimnasium I klop Samsung WHS I met 32-24 (flank Ivan Rittmann van Gim, heelagter Geraldo Beukes van WHS).

Onder 19A-finaal: OK Foods Moria I klop PSG Pro-Ed Akademie I met 35-30 (agtsteman Ivan van Wyk en losskakel DJ Holtzhausen, beide van Moria).

Onder 19 Superliga-finaal: WAP I klop Tsumeb Gimnasium I met 37-34 (flank De Wet Oosthuizen en losskakel Keanu Engelbrecht, beide van WAP).

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.54 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.86 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 345.57/OZ UP +0.64% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.84% | Zinc US$ 2 877.10/T UP 0.8% | Brent Crude Oil US$ 89.43/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 912.49/OZ DOWN -0.0037 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.54 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.86 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 345.57/OZ UP +0.64% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.84% | Zinc US$ 2 877.10/T UP 0.8% | Brent Crude Oil US$ 89.43/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 912.49/OZ DOWN -0.0037