#PasIn: Twee ‘renosterstropers’ aangekeer
Twee mans is gister omstreeks 09:00 in die Dordabis-omgewing in hegtenis geneem nadat hulle glo twee swartrenosters, ‘n koei en ‘n kalf, op ‘n plaas doodgeskiet het. Die verdagtes het ‘n jaggeweer in hul besit gehad, asook 15 koeëls, waarvan drie reeds gebruik is. Twee renosterhorings is ook gevind. Die waarde van die renosters is sowat N$500 000 per renoster. Die mans is aangekla vir verskeie oortredings, insluitende vir die jag van beskermde wild en omdat hulle in besit was van ongelisensieërde wapens. Die polisie se ondersoek duur voort.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie