Gemaskerde man verkrag 13-jarige
‘n Verdagte, met ‘n lapmasker oor sy gesig, het glo die afgelope Woensdag omstreeks 17:00 ‘n 13-jarige dogter op Omaruru verkrag nadat hy haar oorval het, met ‘n tou vasgemaak het en rivier toe gesleep het.
Na bewering het die verdagte twee minderjarige meisies in die bosse in die dorp se nywerheidsgebied, naby die groot rivier gevind terwyl hulle besig was om vuurmaakhout te versamel. Hy het die ouer meisie oorval haar hande met ‘n tou vasgemaak en haar na die rivier toe gesleep. Hy het toe haar een arm aan ‘n boom vasgemaak en haar verkrag.
Die jonger dogter het weggekom en huis toe gehardloop, waar sy haar familie van die voorval in kennis gestel het. Die verdagte het toe die toneel verlaat en dit is nie bekend wie hy is nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie