Fishrot-vissers met kwotas gepaai

Augetto Graig
’n Kwota van 1 500 metrieke ton stokvis sal onmiddellik toegeken word, waarvan 1 100 metrieke ton reeds gister vrygestel sou word.

So het die waarnemende uitvoerende direkteur van visserye en mariene hulpbronne, Ueritjiua Kauaria, gister gesê.

Hy sê die minister is daartoe verbind om uitstaande skuld te betaal en dat die betrokke werknemers binne weke werkskontrakte kan verwag.

Dit volg ná werklose vissermanne en -vroue, die slagoffers van die Fishrot-skandaal en die voortdurende regsproses, na die hoofstad gekom het om ’n optog na die hoofkantoor van die ministerie van visserye en mariene hulpbronne te hou om oor werk te betoog.

Die voormalige werknemers van ArcticNam Ltd. op Samherji se vaartuie – Saga Seafood, Geysir en Heinaste – is sedert 2018 werkloos asook 73 voormalige werknemers van Namsov.

Samherji is die Yslandse vismaatskappy wat by die korrupsieskandaal, wat twee voormalige ministers agter tralies laat beland het, betrek word.

Ondanks ’n ooreenkoms vanaf einde 2020 dat die regering viskwotas sal toeken in ruil vir werk, kry die betrokke vissermanne slegs ’n maandelikse toelaag van N$4 000.

Die Namibiese Unie vir See- en Verwante Werkers (Nasawu) het saam met die Vakbondkongres van Namibië (Tucna) die ontevrede oudwerknemers van die kus af gebring om antwoorde te probeer kry.

Hulle is ontevrede oor die manier waarop die minister werkgeleenthede deur Shore Recruit plaas.

“Wat ons hartseer maak, is dat al die ander werkers wat deur Shore Recruit geplaas is, voltyds in diens geneem is, tog het ons geen werkskontrak nie en daar is geen teken dat ons voltydse in diens geneem sal word nie,” het Wendy Shikukwete namens haar medewerkers uit die klagskrif gelees.

Luidens die klagskrif skuld die regering reeds N$13 miljoen vir die onderhoud van die werknemers en dit is glo hoekom Shore Recruit sê die werknemers kan nie aangestel word nie.

Verder wil die vissermanne weet hoe groot die kwotas is wat volgens die ooreenkoms verskuldig is, wat die toepaslike voorwaardes is, en wat die regering se ooreenkoms met Shore Recruit behels. Vakbondamptenare moet ingelig word, het hulle aangevoer.

Tucna se president, Paulus Hango, is egter nog ontevrede, veral omdat so baie besonderhede nog onduidelik is.

Volgens hom is dit Overberg Fishing van Walvisbaai wat die betrokke vissermanne die afgelope jare finansieel onderhou het, en die stokviskwota van 1 100 ton is waarskynlik gister aan dié maatskappy toegeken.

Hango sê Overberg het reeds ten volle bemande visfabriekskepe en dit lyk nie of hulle werksgeleenthede sal kan bied nie.

Volgens hom het Shore Recruit ook nie skepe of viskwotas waarmee hy die 138 nodige werksgeleenthede direk sou kon bied nie.

“Shore Recruit is meer administratief, so hulle kan moontlik die werknemers by een of twee ander maatskappye plaas. Daarvoor bly die 400 metrieke ton nog oor.

“Maar ons het nie behoorlike inligting nie. Ons weet nie hoeveel kwotas reeds belowe is nie, ons het geen werkskontrakte gesien nie, of hoe die regering met Shore Recruit ooreengekom het nie, alles word van ons weerhou. Wat is fout dat ons geen inligting kry nie?” vra hy. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion #N/A Currency: GBP to NAD 23.13 | EUR to NAD 19.81 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.25 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.47 | USD to EGP 46.59 | USD to KES 130.73 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.25 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 413.49/OZ DOWN -0.0029 | Copper US$ 4.99/lb DOWN -0.012 | Zinc US$ 3 080.40/T UP 1.01% | Brent Crude Oil US$ 83.77/BBP DOWN -0.0034 | Platinum US$ 1 058.68/OZ DOWN -0.0245 #N/A