Van dwelmverslaafde tot pa van die jaar

Afrikaanse kletsrymer wil hoop gee
Ixa is dankbaar vir sy verlede, want dit het hom gemaak wie hy vandag is.
Tanja Bause
“Die mees betekenisvolle lied wat ek tot dusver geskryf het, is Os kyk ma Voorentoe. Die was in die tyd toe ek nog aan depressie gely het en nadat ek die song opgeneem het, het ek weer kliphard daarna geluister. Ek het begin huil. Ek het nog twee keer daarna geluister en weer gehuil,” het Ike (Ixa) Adonis, die Afrikaanse kletsrymer van Narraville, gesê.

“Terwyl ek gehuil het, het ek gedink dis omdat ek trots is op dit wat ek nou geskryf het, maar agterna het ek besef dat ek deur die lied alles neergelê het. Ek het gesê ja, my ma is ’n dronklap, maar so what, ek is nog steeds lief vir haar en sy het my grootgemaak. My pa het my nie grootgemaak nie, maar ek het my liefde vir die musiek by hom gekry. Ja, ek was aan dwelms verslaaf, meer ek is nie meer nie. Ek het verander en is nou sterk en verantwoordelik. Ek het my siel ontbloot. Ek het alles op die snit neergesit en gesê ek gee nie meer om wat mense van my dink nie – dit is ek. Ek kyk vorentoe en ek kan nog baie bereik, maak nie saak wat julle van my dink nie.”

GROOTWORDJARE

Ixa is in Narraville in Walvisbaai gebore en hy het in die woonbuurt Hongerlaagte grootgeword.

“My grootwordjare was baie moeilik. Baie van my vrinne het, soos ek, geen pa gehad nie. Ons was deel van daardie statistiek van pa’s wat kinders maak en dan nie verder omgee nie. So ons het hegte bande gevorm en die vaderfiguur by ons ouer vrinne gesoek. Dit was daardie vrinne wat my die bynaam Ixa gegee het.”

Ixa noem sy aanhangers “Ma se kinders”.

“Meeste van my vrinne het sonder pa grootgeword en is, soos ek, ’n ma se kind.”

Musiek, sê Ixa, was nog altyd deel van sy lewe en sy oom en oupa het kitaar gespeel. Sy pa was ’n musiekversamelaar.

“Kom ek verduidelik dit so; ons is by ’n kuier en iemand speel ’n lied waarvan hulle hou. Ek sal daarna luister en as dit wonderlik is, gaan ek na my oom se huis toe – maak nie saak of dit tweeuur die oggend is nie – ek sal vir hom verduidelik van die lied en hy sal dit speel. Ons sal na die liedjie luister en dan sal hy vir my musiek wat soortgelyk is uithaal en speel. Dit is hoe my familie oor musiek is.”

DWELMS

Nadat hy gematrikuleer het, het hy depressie ontwikkel en hom tot dwelms gewend.

“Ek het vir sewe jaar Mandrax gebruik en my familie het moeg geraak vir wat ons alles aangevang het. Daar was nie geld nie en ons het by huise ingebreek, die goed gesteel, verkoop en vir die drug lords gegee. Hulle het besluit om my, my neef en ’n vriend plaas toe te stuur sodat ons kon uitdroog.”

Na vyf maande het die drie teruggekom en Ixa was ’n ander mens.

“Ek het besluit ek moet my lewe verander en probeer vind wat my as kind gelukkig gemaak het. Dit was sokker en ek het by ’n sokkerklub aangesluit. Die ander ding was musiek en ek het besluit om aan dié loopbaan te begin werk.”

PLATEJOGGIE

Ixa moes eers ’n werk kry sodat hy die musiektoerusting kon bekostig. Hy het uiteindelik werk by Swakopmund se lughawe gekry.

“Alles het begin om in plek te val. Dit was die tyd toe die konsoles uitgekom het waar jy jou skootrekenaar gevat het en dan musiek gemaak het. Hulle was net in Suid-Afrika en oorsee beskikbaar. Ek het gedink ek vra vir ’n vlieënier om dalk een vir my saam te bring en, soos toeval dit wou hê, het ek van ’n Sweedse vlieënier gehoor wat ook ’n platejoggie was en ek kon sy konsole koop. Ek het my hele salaris daarop bestee. Die volgende maand het ek geld geleen en luidsprekers gekoop en op die straat voor my huis begin musiek maak.”

Hy vertel hy het vir ’n lang tyd in Narraville se strate musiek gemaak en is amper drie keer deur die buurtwag in hegtenis geneem.

KLETSRYMER

“Ek het ’n meisie gehad wat nie geweet het ek kletsrym nie. Ons was ’n paar maande saam toe ek haar wou verras. Ek het toe die lied More than I wanted geskryf. Ek wou dit opneem en het gehoor Jeffrey en Salvadore het ’n mikrofoon. Ek het hulle gekontak en ons het die lied opgeneem.”

Iemand het die lied in Narraville begin speel en kort voor lank het almal dit gespeel. Die drie het nog twee liedjies saam opgeneem en mense het begin vra wanneer die volgende een kom.

“Toe stig ons die groep Brazse Fani Mic. Ons het toe ook ons eerste gig gekry by Mej. Tiener Walvisbaai. Ons het voor die optrede vinnig nog ’n lied opgeneem sodat ons ’n nuwe een vir die gehoor kon speel. Dit was ’n groot fout, want toe ek op die verhoog klim, het ek al my woorde vergeet. Ek het nog nooit voor mense opgetree nie en my senuwees was op. Ek was so teleurgesteld in myself, maar ek het myself laat kalmeer en die tweede lied was perfek en ek kon weer trots wees op myself.”

Die drie het voortgegaan om saam musiek te maak. Ixa het begin om meer kletsrym-liedjies in Afrikaans te skryf.

“Elkeen van ons het sy sterk punt gehad. Salvadore het van stadiger musiek en sing gehou en Jefffrey van Engelse kletsrym. Die twee het al stadiger liedjies geskryf en ek ál meer liedjies, toe kom ek eendag met ’n slim plan vorendag. Ek het gesê die mense ken ons as ’n groep, so kom ons wys wat ons op ons kan eie doen. Hulle het ingestem en ek het die lied Os kyk ma Voorentoe voorgestel en ons het dit opgeneem. Dit was ons eerste lied wat op Radiowave se weeklikse R&B toptien-lys was. Dit was in 2017 en vir my ’n vorm van bevestiging dat ek iets reg doen.”

WOORDE

“Daar is mense van ander rasse wat voel ek fokus net op my ras en ek hou dalk nie van ander rasse nie, maar ek kom uit baie rowwe tye. Destyds was dit baie rof vir my mense, maar nie meer nie. Ek gaan nie lieg nie, die kleurlingnasie is ’n gebroke nasie. Dis asof hulle nie besef die lewe is nie soos dit destyds was nie. Jy kan jou drome bereik. Daar is geleenthede. Jy moet hard werk. Jy kan nie op die kantlyn gaan sit en jouself jammer kry nie.

“My musiek gee hopelik vir die mense hoop en nie net vir kleurlinge nie. Baie sê ek doen dit vir die kleurlinge omdat ek in Afrikaans rym en ek gebruik baie van ons slengwoorde. Maar ek is ’n kleurling. Ek wil wees en praat soos ek by die huis, op die verhoog of tussen my familie praat. Ek wil nie hê mense moet een keer sê ek gee voor nie. Ek is net ek.”

Mense in die musiekbedryf noem hom ’n hip-hop-kunstenaar, maar Ixa beskryf homself as ’n “hip-hoop-kunstenaar”.

“My musiek is positief. Ek skryf oor goed wat ek in my lewe moes deurmaak. Ek wys vir mense ek was down and out, maar ek het daar uitgekom. Ek het in Hongerlaagte grootgeword en hier staan ek nou op die verhoog. Die Here kan jou net help as jy jouself wil help.”

DEPRESSIE

Ixa sê hy het op skool al aan depressie gely, maar kon nie om hulp vra nie.

“Ons kleurlinge glo nie in geestesgesondheid of depressie nie. As iemand daaronder ly is hy of sy net te lui om te werk of hulle is mal. Dis nie iets waaroor ons praat nie. Die vriende waarmee ek deurmekaar was, was baie ouer as ek en hulle moes my bystaan en raad gee. Dwelms was egter hulle antwoord op alles en dan ‘as iemand jou pla, dan is ons daar vir jou’.”

Nadat hy van die plaas af terug gekom het, het Ixa besluit om sy lewe om te keer.

“Ek moes ’n verandering maak. Ek het ’n besluit geneem om van die negatiwiteit af weg te kom en die dwelms te los en afstand van my vriende te kry. Ek het dit gedoen en kyk nie terug nie. Nou is alle besluite vir my baie maklik ek dink aan my kind en vrou en ek sal niks doen om hulle seer te maak of skade aan te rig nie.”

Verlede jaar is hy op Vadersdag as Fresh FM se mees voorbeeldige pa gekies.

“Dit is net nog ‘n bewys dat dit nie saak maak wat jou omstandighede was nie. Dit bepaal nie wie jy sal word nie. Jy, en net jy, bepaal wie en wat jy is en doen.”

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 11° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 20° | 35° Wind speed: 46km/h, Wind direction: NE, Low tide: 07:38, High tide: 14:01, Low Tide: 19:40, High tide: 02:00 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:59, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:58, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 32° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 10° | 19° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 14° | 19° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 25° Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.17 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.47 | USD to EGP 46.59 | USD to KES 130.73 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.17 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 436.75/OZ UP +0.68% | Copper US$ 5.07/lb UP +0.35% | Zinc US$ 3 152.30/T UP 0.53% | Brent Crude Oil US$ 83.93/BBP DOWN -0.0016 | Platinum US$ 1 054.55/OZ DOWN -0.0284 Sport results: Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 11° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 20° | 35° Wind speed: 46km/h, Wind direction: NE, Low tide: 07:38, High tide: 14:01, Low Tide: 19:40, High tide: 02:00 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:59, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:58, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 32° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 10° | 19° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 14° | 19° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.17 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.47 | USD to EGP 46.59 | USD to KES 130.73 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.17 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 436.75/OZ UP +0.68% | Copper US$ 5.07/lb UP +0.35% | Zinc US$ 3 152.30/T UP 0.53% | Brent Crude Oil US$ 83.93/BBP DOWN -0.0016 | Platinum US$ 1 054.55/OZ DOWN -0.0284