• Tuisblad
  • Mense
  • ‘Nou mag ons uiteindelik die wêreld vertel’

‘Nou mag ons uiteindelik die wêreld vertel’

Katja se geheim is uit
Brendan Peyper het dalk nie vir Katja aan die einde van die Op My Eish!- reeks gekies nie, maar sy het intussen wel liefde gevind.
Kristien Kruger
Ná gisteraand se episode van KykNET se maatsoekprogram Op My Eish! kan die Namibiese deelnemer, Katja Pieters, uiteindelik met die wêreld deel dat sy reeds sedert Januarie in ’n verhouding is.

Hoewel Katja en haar huidige kêrel, Jonathan Tattersall, al lank vriende is, het hulle gevoelens vir mekaar ontwikkel nadat sy aangestel is as bestuurder by die gewilde koffiewinkel in Windhoek, Krisjans Bistro, en hulle saam begin werk het.

Hoewel Katja teleurgesteld was toe die Suid-Afrikaanse sanger en fokuspunt van hierdie seisoen, Brendan Peyper, haar nie gekies het nie, is sy nou seker hy was nie die regte persoon vir haar nie.

“Die oomblik toe hy vir my gesê het hy gaan my nie kies nie, het daar baie gevoelens deur my gegaan. Dit was definitief moeilik aan die begin toe ek hoor hy het ’n sterker konneksie met iemand anders. Dit was ses weke van hierdie persoon leer ken en jou hart op die spel sit.

“Ek dink dit is meer die skok in die oomblik wat mens af bring, maar sodra mens oor dit kom, besef jy dat dit nie die regte persoon vir jou is nie,” het Katja gister aan Republikein vertel.

Sy is ook glad nie spyt dat sy ingeskryf en hierdie avontuur voluit aangepak het nie.

“Dit is vir my ongelooflik om te dink ek het dit gemaak tot die topdrie. Toe ek ingeskryf het, het ek nie gedink ek sou tot hier gekom het nie. Dit was verseker ’n avontuur en ’n ervaring,” het Katja in ’n kort video gesê wat gister op Instagram gedeel is.

Sy is ook trots op die feit dat sy haarself was deur die loop van die program.

“Dit is ’n interessante ervaring om jouself op televisie te sien. Ek is wel baie tevrede met hoe ek alles hanteer het. Ek was gemaklik en baie mense het gesê dat hulle nie ’n verskil kon sien tussen hoe ek in persoon is en hoe ek op die program was nie.”

NAMIBSROOS

Katja was die eerste Namibiër om aan die maatsoekprogram deel te neem en sy het ongetwyfeld ’n indruk gemaak met haar selfvertroue, sin vir humor en skoonheid.

Oor die afgelope paar weke het kykers elke Donderdagaand vir Katja, wat deur Maroela Media benoem is as Brendan se Namibsroos, beter leer ken en het sy nou talle aanhangers, veral op sosiale media.

Sy was die tweede meisie wat Brendan op die program gesoen het en die soen het tydens ’n romantiese alleenafspraak onder ’n wilgeboom gebeur. Tydens verlede week se episode was die twee met hulle laaste alleenafspraak met ’n vliegtuigrit oor die mooie Clarens bederf.

“Die laaste date met Brendan was een van my gunsteling-oomblikke. Die dag was net perfek. Dit was baie gemaklik en dit was net ’n lekker oggend. Dit was beslis ’n hoogtepunt,” vertel Katja.

Sy vertel ook dat hulle baie lekker tye gehad het toe die kamera’s nie gerol het nie.

“Ons het aande om die vuur gesit saam met die hele produksiespan, die meisies en saam met Brendan en Jo [Black].

“Jo was ’n fees en ons het ook baie lekker saam met hom gekuier.”

JANAE WEN

Die dame wat Brendan gekies het, is Janae Stander.

Volgens gerugte op sosiale media is die twee egter nie meer saam nie.

“Ek voel ek het deur die Op My Eish!-reis aansienlik gegroei en dele van myself ontdek. Dit was nie net ’n reis om liefde te vind nie, maar ook ’n reis waar ek introspeksie gedoen het en my verhouding met die Here versterk het. Dinge het soms onseker gevoel en daarom was dit vir my belangrik om te bly glo aan Jesus se plan,” het Janae gesê in ’n verklaring wat deur KykNET uitgereik is.

Volgens die verklaring het Brendan ook gesê dat hy nooit dié ervaring sal vergeet nie.

“Ek het amazing mense tydens verfilming ontmoet en is opgewonde om te sien wat nog voorlê. My EP (kort-album) ‘Omdat jy mag’ word op 5 April [vandag] vrygestel, en ek kan nie wag om te hoor wat almal daarvan dink nie.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%