’n Diepe behoefte wat lewens red

Mediese kennis in Kavango gedeel
Talle mense in die noordooste van Namibië gaan gebuk onder of sterf selfs aan siektes wat in beginsel genees kan word. Mudiro is daar om dié leemte te vul.
Gerine Hoff
Gerine Hoff – Dit was tydens ’n besoek aan die noordooste van Namibië in 2013, toe Barbara Müller se dogter, Laura, ernstig siek geword het.

Die toe 15-jarige Laura se toestand het vinnig agteruitgegaan en hulle het besef sy het dringend mediese hulp nodig. Die naaste hospitaal was by Andara en dit is juis met Laura se opname dat Barbara eerstehands die substandaard gesondheidsorg in die gebied ervaar het.

As ’n Europieër was dit moeilik vir haar om die uitdagings te begryp waarmee die hospitaal se personeel elke dag moes worstel.

Die vriendelike personeel se hulpvaardigheid en die sorg wat hulle aan die pasiënte gebied het, het haar só beïndruk dat sy daar en dan besluit het sy gaan help om gesondheidsorg in hierdie uithoek van die land te verbeter.

Toe Laura ontslaan is, het Barbara onmiddellik begin planne maak.

Barbara is in Bern, Switserland, gebore en getoë. Sy het nog altyd “wanderlust” gehad en sy het graag – veral in Suider-Afrika – gereis.

“Ek het ook nog altyd die begeerte gehad om in Afrika te wees,” het sy vertel.

Barbara, ’n chemikus, is terug Switserland toe waar sy met haar werkgewer gesels het om geld in te samel en om ’n nieregeringsorganisasie op die been te bring.

Binne ’n paar maande – in 2014 – was Barbara terug in Namibië, saam met twee dokters wat sy saamgebring het. Saam het hulle met gemeenskappe in die Kavangostreke gesels oor die mediese hulp wat kritiek benodig word.

“In daardie stadium was daar op Rundu ’n personeellid van die ministerie van gesondheid met wie ons kon praat en wat vinnig met raad gehelp het. Die grootste nood was dat plaaslike dokters meer kennis moet opbou – iets wat die buitelandse spesialiste bereid was om te doen.”

WERK NA ’N DOEL

Gelukkig het dit nie lank geneem om die organisasie op die been te bring nie, het Barbara gesê en bygevoeg wanneer sy eers ’n mikpunt vir haarself gestel het, sy vinnig werk om dit te bereik.

Só is Mudiro gebore.

“Mudiro beteken ‘vuur’ in Thimbukushu. Dit simboliseer ons toewyding tot die mense van die omgewing,” het Barbara gesê.

“Mudiro verseker dat plaaslike dokters en gesondheidswerkers toegang tot mediese opleiding het, en ons werk baie nou saam met die ministerie van gesondheid, plaaslike gesondheidsfasiliteite, die Kavango-Oos-streekraad se kantoor in die Mukwe-kiesafdeling en die Universiteit van Namibië (Unam),” vertel sy.

Ten spyte daarvan dat sy al tien jaar aan die stuur van die organisasie is, sê Barbara sy leer nog elke dag iets nuuts en is daar ook elke dag nuwe uitdagings.

Gelukkig het haar netwerk in Switserland en Duitsland baie gehelp om dokters, verpleegsters, fisioterapeute en ander spesialiste na Namibië te bring om mediese personeel in Kavango-Oos en -Wes verder op te lei.

In die afgelope dekade kon Barbara met die ondersteuning van verskeie Europese organisasies en besoekende buitelandse dokters asook die gesondheidsministerie en Unam, die mediese hulp wat Mudiro aan die gemeenskappe in die gebied lewer, uitbrei.

BUITELANDSE BESOEK

Gemiddeld kom daar elke jaar sowat 20 buitelandse dokters en gesondheidswerkers van Switserland en Duitsland na die Kavangostreke, waar hulle hul kennis met plaaslike mediese personeel deel.

“Hulle bly gewoonlik tussen vier en vyf weke en daar is sommer heelwat – selfs soveel as 70% – wat weer en weer terugkom om te help,” het Barbara gesê.

Vyf weke is vir Barbara voldoende vir dokters om hierheen te kom, omdat sy meen hulle het ten minste soveel tyd nodig om regtig betrokke by hul pasiënte, die mediese personeel en die omgewing te raak.

“In Europa gebeur dinge vinnig, die tegnologie is altyd die nuutste en die gehalte is altyd net die beste. Hier is dit heeltemal anders. Wanneer die Europieërs kom, moet hulle eers ervaar waarmee hulle hier te doen het en met watter toerusting hulle moet werk. Ek gee hulle altyd ’n week tot tien dae om eers gemaklik te raak, waarna hulle skouer aan die wiel moet sit voordat hulle ’n maand later weer groet.

“Dis verskriklik lekker vir hulle om hierheen te kom, om hulle kennis met ander te deel. Hulle werk by vyf hospitale in die gebied en elkeen wat aan die opleiding deelneem waardeer die hulp en dit wat hulle nuut leer.”

Barbara verseker ook altyd dat spesialiste in hulle velde, soos ginekologie en pediatrie, ook deel is van die besoekende dokters.

“Die hospitale en personeel gebruik die medikasie en toerusting wat hulle tot hul beskikking het. Wat ons wel tot op hede ingebring het wanneer ons kan, is ultraklankmasjiene omdat dit iets is wat ons oral kan gebruik.

KLINIEK OP WIELE

’n Hoogtepunt vir Barbara was toe Mudiro ’n 4x4-mobiele kliniek kon begin gebruik.

“Die mobiele kliniek is sewe dae per maand in die bos om siek mense te help wat in verafgeleë plekke woon en nie op hul eie by ’n hospitaal of kliniek kan uitkom nie.”

Tydens hul uitreike na dié plekke, sien die mediese span gemiddeld 150 pasiënte per dag. “En die behoefte bly groot.”

Dan is daar ook nog Mudiro se Akademie, wat tussen agt en tien opleidingskursusse per jaar vir plaaslike dokters, spesialiste en gemeenskapsgesondheidswerkers aanbied.

In die afgelope dekade het Mudiro meer as 1 400 plaaslike mediese personeel opgelei deur meer as 40 000 ure se opleiding, terwyl meer as 100 gespesialiseerde en ervare dokters, fisioterapeute en verpleegsters na Namibië gereis het vir hierdie doel.

En Switserland?

“Ek probeer om twee keer ’n jaar te gaan omdat my ouers nog daar is so ook al die ondersteunende skenkers en stigtings. Ek probeer om elkeen persoonlik te besoek en te bedank. Ek doen dan ook voorleggings aan voornemende skenkers oor wat ons doen. Dis ’n mooi land en ek is trots om Switsers te wees, maar Afrika is my huis.”

Vir meer inligting, besoek www.mudiro.com of volg hulle op Facebook en Instragram.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%