Jaglui geskok oor Roysten Wright se dood
Die liggaam van ’n bekende boer en groot rolspeler in jag- en toerismekringe Royston Wright is Dinsdagmiddag langs sy bakkie op sy plaas Okatjeru in die Windhoek-distrik gevind nadat hy ’n veldbrand probeer blus het.
Die 55-jarige Wright was die eienaar van Okatjeru Hunting Safaris Namibia en Bobbejaandam Tented Chalets. Okatjeru is sowat 70 km van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako.
Volgens ’n vriend van Wright, Corne Kruger van Omujeve Hunting Safaris wat ook in die omgewing is, het Wright alleen Bobbejaandam toe gery nadat weerlig die veld aan die brand geslaan het.
“Royston het sy vrou Charmaine gebel en gesê sy moet brandslaners bring om die brand te help blus. Sy het met die brandslaners gery en gesien die vuur is op pad na Royston se bakkie toe,” het Kruger aan Republikein gesê.
“Charmaine het vir Royston langs die bakkie sien lê met die honde nog in die bakkie. Hy het brandwonde opgedoen en sy het vergeefs mond-tot-mond-asemhaling probeer toepas.”
Volgens Kruger sou die nadoodse ondersoek gister uitgevoer word.
Wright het vir jare op die bestuur van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging (Napha) gedien en het Napha se Skool vir Bewaringsjag laat herleef ná die afsterwe van die vader van beroepsjag Volker Grellmann.
Napha se skool het by Okatjeru se opleidingsgeriewe kursusse soos praktiese jag aangebied, wat alle aspekte van trofeejag insluit, asook fotografie, jagbystand, spoorsny, boogjag en vele meer.
Die skool se doel is om bestaande en toekomstige plaaslike jagters op te lei in die professionele, volhoubare en etiese benutting van die land se hulpbronne.
Die president van Napha, Axel Cramer, het gister sy skok en hartseer oor die tragedie aan die koerant uitgespreek. Hy het Dinsdagaand op Hosea Kutako geland nadat hy die Dortmund-jagskou in Duitsland bygewoon het, en die skoknuus ontvang het. Kruger en ander plaaslike jaglui was ook op dieselfde vlug vanaf Frankfurt ná hulle die Safari Club International-jagskou in Nashville, Tennessee, bygewoon het.
“Ons is nog geskok oor president Hage Geingob se dood, en nou Roysten s’n,” het Cramer gesê.
Wright word deur sy vrou oorleef.
Sy pa, Derek Wright, was ook ’n bekende in landboukringe en is in 2018 tydens ’n bootreis op die Baltiese See oorlede. Hy was onder meer ’n voormalige voorsitter van die Namibië Landbou-unie (NLU), die Landbouwerkgewersvereniging (LWV), asook van pensioenfondse soos NamPro.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie