• Tuisblad
  • Mense
  • Inspirasie vir mense met óf sonder gestremdhede

Inspirasie vir mense met óf sonder gestremdhede

Dis oukei om nie die eerste keer te slaag nie
Die Namibian Amphibian gee nie moed op voordat hy sy gestelde doelwitte een vir een bereik nie.
Tanja Bause
“My ma is ’n ystervrou. As dit nie vir my ma was nie, was ek nie die mens wat ek vandag is nie,” sê Gideon Nasilowski (37), die Paralimpiese swemmer met die bynaam The Namibian Amphibian.

“Sy was ’n jong enkelouer met twee kinders, van wie een ernstig liggaamlik gestrem was; wat operasie ná operasie moes ontvang, die vroegste een as vyf dae oue baba. ’n Kind wat in ’n ander land moet skoolgaan, weg van sy familie.

“Sy het my baie hard grootgemaak. Sy het gesê ek moet drie keer harder werk as ander mense om bo uit te kom. Sy het my altyd laat verstaan my probleem is liggaamlik en dat ek ’n verstand het om ’n ander plan te kan maak. Sy het my geleer dat ek ook ’n mens is en ek altyd op my regte moet staan.

Sedert sy geboorte in Windhoek leef Gideon met aangebore Arthrogryposis multikompleks (ACM). Dis ’n seldsame toestand wat veroorsaak dat sy gewrigte tydens geboorte krom saamgetrek het, wat ernstige beperkings in die buigsaamheid en beweging van sy arms en bene veroorsaak.

“Op sesjarige ouderdom is ek Kimberley toe gestuur om daar skool toe te gaan, omdat daar geen skole in Namibië vir kinders met gestremdhede was nie.

“Ek het daar in ’n koshuis grootgeword en net twee keer ’n jaar huis toe gekom. Uiteindelik is kinders met gestremdhede wel by skole in Namibië ingesluit en ek is Hoërskool Academia toe, waar ek ook gematrikuleer het.”

Gideon het op ’n baie vroeë ouderdom agtergekom hy is anders as sy maatjies – iets wat vir hom baie moeilik was om te verstaan.

“Ek mag nooit met die ander maatjies aan sport deelgeneem of rugby gespeel het nie. Ek moes aanvaar ek is anders, maar ek wou steeds deel wees en ek het ander maniere gevind om betrokke te wees. Ek was byvoorbeeld die waterdraer by rugbywedstryde. Ek het ook niemand die kans gegee om ooit met my te spot nie, omdat ek te veel met myself gespot het.”

Ná matriek het Gideon as ’n sakpakker in Windhoek begin werk.

“Ek het geen salaris verdien nie. Ek het vir tips gewerk. Dis ’n nederige werk en meeste mense sou voel hulle word in die verleentheid gebring deur so ’n werk. Ek het net gevoel ek het ’n geleentheid om een van die beste sakpakkers ooit te wees. Ek het ongelooflik baie van besigheid en die lewe geleer deur daardie werk te doen en dit help my tot vandag toe nog.

“Ek het geleer hoe belangrik kliëntediens is. Ek het geleer al het jy niks in die lewe nie, hou moed, vertrou op God, werk hard en jy sal nooit honger gaan slaap nie.”

SWEM

As klein seuntjie was Gideon bang vir water en hy het selfs ’n paar keer amper verdrink. Op skool in Kimberley het hy geleer swem en selfs provinsiale erekleure vir Griekwas gekry.

Hy was bewus daarvan dat daar in Namibië geen gestremde swemmers was nie en sy Olimpiese droom het vlamgevat toe sy vriende hom uitgedaag het om ’n nasionale Paralimpiese swemmer vir sy land te word.

In 2011 het hy na Johannesburg gevlieg om aan die Sentraal-Gauteng-kampioenskap deel te neem – een van die grootste swemkompetisies in Suid-Afrika.

Op die eerste dag van die kompetisie het hy aan die 100 m-vryslag- en borsslag deelgeneem en laaste gekom. Hy was verpletter en het so moedeloos geraak dat hy wou tou opgooi. Sy afrigter wou egter niks hiervan weet nie en die volgende dag het Gideon aan die 50 m-borsslag deelgeneem en ’n uitstekende tyd opgestel.

Gideon het daardie dag sy Nasionale Kleure verwerf en die eerste nasionale Paralimpiese swemmer in die geskiedenis van Namibië geword.

Gideon is alom in die swemwêreld as The Namibian Amphibian bekend.

“’n Joernalis het my die naam gegee toe ek in Kanada was vir die Paralimpiese wêreldkampioenskap. Die man het in een van hul amfibiese busse gereis wat ook as ’n veerboot ingespan word; hy het die twee rymwoorde bymekaargesit,” het Gideon gesê.

DESERT DASH

In 2020 het hy vir die Nedbank Desert Dash met ’n ligte driewielfiets ingeskryf – die eerste gestremde wat dié ultra-bergfietswedren op so ’n fiets aangepak het.

“Dit was ongelooflik om deel van die Dash te kan wees. Die beste was hoe die fietsrygemeenskap ons ontvang het. Baie keer wil gestremdes deel van die gemeenskap en van aktiwiteite wees, maar ons weet nie hoe ons kan inpas nie, maar die organiseerders het ’n manier gevind om my deel te maak.

“Die Dash was ’n getuienis van wat moontlik is. Waar ’n wil is daar is ’n weg.

“Daar was baie mislukkings, teleurstellings en terugslae met die voorbereiding. Sewe dae voor die Dash het ons nie eers geweet of ons sal kan deelneem en selfs die aand voor die wegspring het Mannie Heymans nog tot laataand gewerk en verstellings aan die fiets gedoen. Die belangrikste was dat ons as ’n span nuwe planne gemaak en nooit opgegee het nie.”

Gideon was lid van ’n viermanspan wat in die mansaflos die 81ste plek in 23 uur en 27 minute gehaal het.

“Ons het klaargemaak, voor die spertyd, én ons was nie laaste nie.”

OOPWATERSWEM

Nasilowski se ambisieuse projek verlede jaar om van Robbeneiland tot by Bloubergstrand te swem, het opnuut vele mense geïnspireer.

Ongelukkig het sterk wind, branders en seestrome hom te ver van koers af gedryf om ooit die eindpunt te kon bereik.

“Alhoewel ek baie verder geswem het as die reguit afstand van 7,5 km en al kon ek die strand al sien, het ek dit nie gemaak nie. Dit beteken nie ek sal opgee nie.

“Ek wil weer probeer tot ek dit regkry en oefen steeds hard daarvoor. Ek het hierdie maand al 50 kilometer geswem.

“Ons is veronderstel om oor ’n paar weke weer te gaan. Ons wag net vir ’n paar borge vir finansies, want dit kos ’n klomp geld om so iets aan te pak.”

Die feit dat hy nie dié swemskof kon voltooi nie, is Gideon se laagste punt.

“Ek het nog nooit ’n uitdaging aangepak en nie geslaag nie. Ek het gevoel ek stel my land teleur. Ek het gevoel ek het as ’n mislukking teruggekom. Ek weier om moed op te gee en nou kan ek vir gestremdes wys dis oukei om dit nie die eerste keer reg te kry nie. Hou net aan probeer tot jy suksesvol is; dis wat ek gaan doen.”

TOEKOMS

Gideon tree reeds as motiveringspreker op en wil graag op dié gebied verder vooruitgaan.

“Ek wil ’n goeie man wees vir my vrou, Jeaninne, en ’n goeie pa vir ons dogtertjie wat op pad is en wie weet, dalk is sy ’n toekomstige Olimpiese atleet.”

RAAD

“Aanvaar wie jy is. Vat wat jy het en verander dit in goud. Eendag sal jy mense kan inspireer met jou storie. Wees ’n victor en nie ’n victim nie; ’n getuienis en nie ’n statistiek nie. Wees vreesloos en hou aan probeer; God sal jou pad gelyk maak.”

SY PRESTASIES

2008: Verkies as voorsitter van die Nasionale Federasie van Mense met Gestremdheid in Namibië. Hy was vier jaar in die pos.

2011: Word Namibië se eerste Paralimpiese swemmer. Word as ’n S4-swemmer geklassifiseer en stel vier Namibiese rekords in vryslag en borsslag op.

2012: Eerste swemmer met gestremdhede wat Namibië op nasionale vlak in Durban verteenwoordig.

2012: Benoem as Namibië se Gestremde Sportman van die Jaar.

2013: Die eerste Namibiese oopwaterswemmer met ’n gestremdheid wat 2,1 km op die Oanobdam geswem het.

Hy wen een goue, twee silwer en twee brons medaljes in Suid-Afrika.

By die Suid-Afrikaanse swemkampioenskap oortref hy een van sy eie rekords en swem ’n A-kwalifiserende tyd vir die Wêreldkampioenskap in die borsslag.

Neem deel aan die 2013 IPC Wêreldswemkampioenskap in Montreal, Kanada en oortref sy persoonlike rekord.

Die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPC) het sy deelname aan die Wêreldkampioenskap uitgesonder as een van IPC se 50 grootste oomblikke vir 2013.

2014: Word die eerste Namibiër wat aan die Pan Pacific Para-swemkampioenskap in Los Angeles deelneem. Hy stel vier Afrika-rekords op.

2015: Eerste gestremde persoon in Namibië wat ’n driekamp voltooi.

Neem deel aan die Suid-Afrikaanse nasionale swemkampioenskap en kwalifiseer vir sy tweede deelname aan ’n Wêreldkampioenskap, in Glasgow, Skotland.

2016: Bereik sy uiteindelike doelwit as lid van Namibië se span by die Paralimpiese Somerspele in Rio de Janeiro.

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.79 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.25 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.60/OZ UP +0.28% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.18% | Zinc US$ 2 978.00/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 83.65/BBP DOWN -0.0015 | Platinum US$ 1 059.80/OZ DOWN -0.0017 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.79 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.25 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.60/OZ UP +0.28% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.18% | Zinc US$ 2 978.00/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 83.65/BBP DOWN -0.0015 | Platinum US$ 1 059.80/OZ DOWN -0.0017