Gewildheid tref toergids onverwags

‘My lewe het so baie verander’
Ruben deel graag op Instagram sy liefde vir diere en sy passie om siek, beseerde of weesdiere te versorg vir almal om te geniet.
Kristien Kruger
’n Wêreldwye gehoor kan Namibië se diere en natuurskoon deur die lens van ’n jong man, wat die afgelope jaar sy lewe op ’n plaas buite Windhoek in die sosiale media begin deel het, beleef.

Ruben Lambrechts se liefde vir diere en die buitelewe het Instagram-gewildheid aan hom verskaf, asook die geleentheid om te doen waarvoor hy lief is.

Meer as 3 miljoen mense het ’n video gekyk wat Ruben in Januarie op sy profiel geplaas het. Die video wys hoe hy en sy niggie op ’n plaas in die Khomas Hochland in die reën loop en saam met ’n mak vlakvark, Kallie, skuiling in ’n grot soek.

“Ek het die oggend wakker geword en dit was net honderde likes en followers en ons het eers gedink my account is gehack.

“Van daar af was dit duisende en duisende followers. Vanaf 4 000 in Januarie staan ons nou op amper 350 000,” sê Ruben.

Sommige van Ruben se daaropvolgende video’s is deur 6 miljoen mense en een is selfs deur sowat 12 miljoen mense gekyk.

Belangstelling in sy toergidsbesigheid, I Dream Namibia, het ook ’n hupstoot gekry weens Ruben se Instagram-gewildheid.

“My lewe het so baie verander.”

Volgens hom kan Instagram nogal uitputtend wees, maar dit gee hom die geleentheid om nuwe mense te ontmoet.

“As mens na die positiewe kyk, is dit baie meer as die negatiewe,” meen hy.

’N NAMIBIESE ‘LION KING’

Ruben vang ’n verskeidenheid van die aspekte van die Namibiese plaaslewe vas – van braai in die bosveld, ’n koppie koffie ná die reën en skemerkelkies tydens ’n oranje-pienk sonsak.

Op sy profiel deel Ruben ook ’n paar unieke ervarings, soos hoe hy op sy beeste se ruê lê en hoe die beeste – wat propvol persoonlikheid is – dit geniet om gevryf, gekrap en geborsel te word.

Die hoogtepunt van Ruben se platform is hoe hy met die diere rondom hom omgaan. Hy deel talle video’s en foto’s van meerkatte, vlakvarke, wildebeeste en besonderse interaksies met ’n mak bobbejaan.

“Ek het op die plaas en tussen die diere grootgeword en het ’n groot liefde daarvoor.”

Een van Ruben se video’s begin met die woorde: “Kom ek wys vir julle die rolverdeling van The Lion King deur my oë”, wat volg met beelde van diere op hulle plaas soortgelyk aan die karakters van dié gewilde rolprent.

Al die diere op die Lambrechts-plaas loop vrylik rond en dit is vir die gesin belangrik dat diere toegelaat word om die natuur en hul vryheid te geniet.

Nog ’n gewilde video van Ruben is geneem tydens sy besoek aan ’n veilige hawe vir diere waar klein bobbejane op sy skouers sit en selfs binne sy hemp klim.

“Hierdie weesbobbejane het ongelukkig hul ma’s verloor weens mens-dier-konflik. Hulle word nou versorg en woon in ’n groep wat later as ’n trop weer in die natuur vrygelaat sal word.”

“Dit gaan alles oor rehabilitasie en om hulle nie as troeteldiere aan te hou nie. Hulle verdien vryheid,” lui Ruben se plasing by die video, wat meer as 200 000 reaksies ontvang het.



HANNA

Op Instagram deel Ruben ook ’n storie van hoe hulle ’n twee weke oue kalf gesond gemaak het nadat sy deur ’n luiperd aangeval is.

“Ná ’n koue reënerige oggend in Februarie het ons op ’n erg beseerde kalf en haar ma afgekom. Ons het besef die wond aan haar skouer is deur ’n luiperd veroorsaak. Sy het wonder bo wonder oorleef.”

Ruben sê hulle dink die kalf se ma het haar teen die luiperd probeer beskerm en haar kalfie sodoende gered. Die kalfie is later Hanna gedoop.

“Die maande daarna was ’n voortdurende stryd. Die bytmerk op Hanna se skouer het ontsteek en deur haar hele liggaam versprei, wat ernstige bakteriële infeksies veroorsaak het wat lewensgevaarlik was,” lui die plasing.

Hanna se gewrigte en skouer was erg geswel, wat veroorsaak het dat sy moeilik geloop het. Sy was op antibiotika, haar wond is daagliks skoongemaak en sy het verskeie inspuitings ontvang.

“In hierdie stadium het Hanna ons gehaat, want in haar gedagtes het sy net die pyn van die inspuitings geken wat ons haar gee, sonder om te weet dat dit vir haar eie beswil is.”

“Dae het in weke verander, en weke in maande van sukkel. Niks blyk te help nie. Teen hierdie tyd was ek besig om myself as ’n ‘veearts’ te bekwaam en het elke truuk in die boek probeer. Op een of ander manier, ná vier maande se stryd om haar oorlewing, het Hanna deurgetrek en is sy later weer in die trop vrygelaat.”

Nadat Hanna weer by die trop aangesluit het, het Ruben daagliks by haar ingeloer en stelselmatig haar vertroue gewen.

“Agt maande later was ons beste vriende.”

‘STAD WAS NIE VIR MY’

Ruben het ná sy skoolloopbaan in Windhoek ’n jaar afgevat en saam sy broer op plase in Australië gaan werk.

Hy het daarna BCom-bemarking en besigheidsbestuur aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer. Covid-19 het egter sy studies gekniehalter en hy het teruggekeer Windhoek toe waar hy begin werk het terwyl hy sy studies voltooi.

“Ek het vir ’n jaar en ’n half in Windhoek gewerk en dit was net nie vir my nie. Ek het na die plaas en die diere verlang. Ek het soms sommer in die middel van die week uitgery plaas toe om tyd saam met die diere deur te bring en het die volgende oggend teruggery om betyds vir werk te wees. Ek het dan naweke ook plaas toe gegaan en Maandae-oggende vroeg terug dorp toe gery,” vertel Ruben.

Hy het uiteindelik besluit om terug plaas toe te trek waar sy ouers en broer steeds bly. Hy het nog beeste gekoop en daarmee begin boer en met sy toergidsbesigheid begin.

“Ek het baie geleer, maar ek is bly ek is nie meer daar nie, want ek kan nou doen waarvoor ek lief is en boonop kan ek dit van die plaas af doen.”



BESIGHEID

“Vandat ek op Instagram redelik gewildheid verwerf het met van my video’s, is die toergidsbesigheid ook bedrywig en hou dit my baie besig.

Hy beoog om mense Namibië se natuurskoon te laat beleef, asook die gevoel wat die land bied om nader aan die natuur te wees.

“Ek vergesel mense landswyd wat ’n toergids nodig het of ’n drywer soek. Ek maak die besprekings self en reis saam met hulle.”

Hiermee toer Ruben na unieke en luukse bestemmings oraloor Namibië en op I Dream Namibia se Instagram-profiel deel hy onder meer foto’s van Camp Kipwe in Damaraland, Andbeyond Desert Lodge in Sossusvlei, Gmundner Lodge en Simmenau Farmstay.

“Met elke trip ervaar ek die gevoel van hoe bevoorreg ons is om hierdie mooi land ons huis te kan noem. Elke deel van ons land is so uniek – die landskap, diere en vriendelike mense,” sê Ruben oor sy reise in Namibië.

Ruben se korttermyndoelwit is om sy toergidsbesigheid uit te brei en om hulp te kry aangesien hy nou alles self probeer behartig.

Wanneer Ruben nie besig is om as toergids die land plat te reis nie, is hy op die plaas tussen sy diere.

“Ek geniet dit vreeslik op die plaas en kyk uit om ander besighede te begin wat ek van die plaas af kan bedryf.”

TYD IN DIE BUITELAND

Oor Ruben se jaar in Australië vertel hy dat hy en sy broer baie hard moes werk op die saai- en beesplase waarop hulle gewerk het.

“Ons het baie geleer en moes alles alleen doen soos om klere en skottelgoed te was, en dit alles ná ’n lang dag van 12 ure se werk.”

“Dit was harde tye, maar ons het goeie geld verdien en dit was ’n baie lekker ervaring.”

Ruben het ook verlede jaar Europa besoek en hoewel hy sê dit was baie mooi, is dit “nie soos die huis nie”.

“Ons het soveel meer diere hier en die wild en die natuur kry mens nêrens anders nie. Wat natuur en leefstyl aanbetref, is ons so bevoorreg en mens besef dit eers wanneer mens weggaan.”

[email protected]




Kommentaar

Republikein 2024-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.13 | EUR to NAD 19.89 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.33 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.81 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 367.23/OZ UP +0.48% | Copper US$ 4.87/lb DOWN -0.002 | Zinc US$ 3 017.30/T UP 0.87% | Brent Crude Oil US$ 81.92/BBP DOWN -0.015 | Platinum US$ 1 053.06/OZ UP +0.89% Sport results: Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.13 | EUR to NAD 19.89 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.33 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.81 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 367.23/OZ UP +0.48% | Copper US$ 4.87/lb DOWN -0.002 | Zinc US$ 3 017.30/T UP 0.87% | Brent Crude Oil US$ 81.92/BBP DOWN -0.015 | Platinum US$ 1 053.06/OZ UP +0.89%