SMS’e vir 8 Mei 2023
Graag wil ons wat pensioengeld van die staat kry, hoor wanneer kry ons dan die beloofde verhoging van N$100. Ons het dit so nodig, maar daar gebeur net niks. Ons hoor daar is mense bo by die Kavango wat dit wel al ontvang. Wel, vra is vry en ’n belofte is ’n belofte.
Ondergrondse water in Namibië is besig van jaar tot jaar te sak en nog altyd word besproeiing uit boorgate toegelaat, totdat dorpe einde van die jaar sonder water is. Boorgatwaterverbruik moet beperk word voordat dit te laat is en al hoe meer plase se name verander na Sonderwater.
Op die hoek van Hintrager en Fritche, die werksoekers lê rond op hulle rûe op die sypaadjie. Dit lyk nie so fresh nie, veral vir die toeriste!
Sondag is ek deur ’n spietkop op die pad tussen Karibib en Usakos ingelig dat ’n paar oranje cones op die middellyn van die hoofpad beteken voertuie moet daar stop. Dit beteken volgens hom dieselfde as ’n stopteken. Meneer, miskien moet jy teruggaan verkeerskool toe en die keer beter oplet in die klas.
Vandag ’n halfuur op die hoek van Libertina Amathila en Moses Garoëb in Swakop spandeer en opgemerk dat sewe uit tien voertuie die stoptekens ignoreer. Seker ook nie spietkops op Swakop nie.
Speel tog meer opgewekte musiek asb die lewe is treurig genoeg!
Tot die God van Israel en die boerevolk, bid ek nou Jabes se gebed vir my boerevolk met hierdie woorde. Stort U seën oor ons uit, vergroot ons grondgebied, neem ons onder U beskerming, weerhou onheil van ons, sodat geen smart ons tref nie, en God het laat gebeur soos my boerevolk gebid het. Amen.
Is dit nie pateties van ons landboukoöperasie, en almal wat kruiwaens verkoop. In Otjiwarongo is ’n Namibiër wat heavy duty kruiwaens bou, maar bogenoemde instansies koop hul kruiwaens uit Suid-Afrika aan. Die beste van alles, die man wat dit bou ondersteun bogenoemde instansies, want hy boer ook nog. Ek kan getuig van sy kwaliteit, want ek het in 2005 twee kruiwaens by hom gekoop en ek werk nou nog met die twee. Ek adverteer nie vir hom nie. Ek kan net nie verstaan dat die man se kruiwaens loop in Angola en Suid-Afrika, maar sy eie mense koop dit nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie