SMSe (002)
SMSe (002)

SMS’e vir 19 April 2023

Mandy Rittmann
Al meer beroepe word op die privaat sektor gedoen, om by te dra waar die regering nie kan nie. Byvoorbeeld om skooluniforms en skoolskoene te koop. Hoekom? Sodat die regering nog meer kan steel? Die miljarde wat gesteel is en nog steeds gesteel word, kon sekerlik al die gate toegestop het en gebruik word om armoede te verlig. Dit is ironies, dat al meer bedelaars nie meer vra vir twee rand nie, maar eerder vir kos vra.

It seems that the people with disabilities get the same treatment as homosexuals. They don’t have a say or they don’t belong in Namibia, regarding the resettlement program. Schlettwein can you give us statistics how many people with disabilities are resettled? This is the 4th time that I ask you for this information. Come on Schlettwein, we are waiting for your response.

Plaasboer vergeet Mangetti-blok toekomstige droogtehulp. Deel nou jou plaas in twee dele: Een deel vir grasvreters, beeste of skape, ander deel vir blaarvreters, boerbokke. In ’n droogte jaar, soos hierdie, ruil net die diere op die twee helftes.

Procurement, why do a certain security company, the Swapo company, get most security tenders? Is this sort of corruption?

Ek vra asseblief hulp, met trane in my oë, dat iemand my kan help met ’n selfoon wat moontlik net daar rond lê, my selfoon het gebreek. Asseblief help my, ek is ’n pensioenaris kan nie een bekostig nie. Help vir ouma.

Lyk my van Osona Village se voertuigbestuurders is van die swakste in die land met geen maniere en geen ontsag vir medepadgebruikers nie. Hulle ry eenvoudig voor aankomende verkeer in en karring dan aan teen ’n slakkepas. Gaan gee julle lucky packet-bestuurslisensies terug, of leer ordentlik bestuur.

Is van Namibië se voertuigbestuurders rêrig so agter die klip, dat hulle nie eens weet hoe ry mens op ’n snelweg nie? Asseblief mense, die regterbaan van ’n snelweg is om stadiger voertuie verby te gaan, maar nie om dan in die regterbaan te bly en te poer-poer nie. As jy ander voertuie verbygesteek het, gaan terug linkerbaan toe.

Ek, 75 jaar oud wil my bedank by die belastingbetaler vir die pensioengeld oor die jare en vra verskoning dat ek nie my familie beplan het, al het ek geweet ons lewe in ’n droë armoedige land.

Graag wil ek weet, die CEO en afrigter van Krieket Namibia kry N$160 000 per maand en die hoogste spelers N$30 000? Regtig julle, Suid-Afrikaners jaag ons spelers weg.

Gochas se senior burgers het ’n hewige probleem met NamPost. Die poskantoor bly toe, as dit die kare se pay day is, en dit is die 2de pay. Ons moet geld spaar, ons moet die polis betaal, maar waar, as die kantoor toe staan. Asseblief, asseblief, gee vir ons ook aandag, want ons eie kinders maak wat hulle wil met ons. Asseblief, help vir ons!

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° #N/A #N/A