Praat Saam Briewe
Praat Saam Briewe

Hofsaak niks anders as boeliery

Mandy Rittmann
ROOI OLIFANT SKRYF:

Suid-Afrika se saak teen Israel in die internasionale geregshof was niks anders as tragiese huigelary en valse, selfbedrieglike vroomheid om opportunisties politieke punte vir die ANC in die naderende 2024 nasionale verkiesings te probeer behaal nie.

Dis hoogs skandelik en veragtelik oneties om ’n internasionale platform van daardie statuur op só ’n betreurenswaardige manier vir eie gewin te misbruik, ondanks menslike empatie vir weerlose burgerlikes wat nou op humanitêre hulp aanwesig is.

Ons almal het ’n morele plig om onpartydig teen die verkeerde en mishandeling van swakkeres te praat, en altyd die volle waarheid voor oë te hou, maar in sy skynheilige en oneerlike soeke na geregtigheid vir Gasa, versuim Suid-Afrika om ook proaktiewe regstappe in die ondergenoemde menseregteskendings te neem.

Suid-Afrika het vandeesweek 27 000 beweerde onwettige immigrante gearresteer en deporteer om sy territoriale soewereiniteit en integriteit te beskerm met oppervlakkige verskonings in die media.

Tog beskou Suid-Afrika Israel se beskerming van hul land en volk teen aanvallers as vreemd vernaam in die lig van die feit dat Moesliemlande in ’n geding wat hulle nie aangaan nie, nou meer antagonisties jeens Israel is en ’n ernstige bedreiging vir Israel inhou! Moet Israel dan nou net sit en toekyk hoe sy onskuldige en weerlose burgers wreed aangeval en doodgemaak en sy land deur samesweerders, met die VN, die Wêreldhof en Suid-Afrika se seën, beset en vernietig word?

Suid-Afrika is stil oor Rusland se besetting van en lugaanvalle in die Oekraïne, China se aggressie teenoor Taiwan en sy strawwe beheer van Hongkong, moontlik oor diplomatieke (BRICS) en historiese vriendskapsbande met daardie supermoondhede teenoor wie hulle versigtig is, om nie uit lojaliteit op hul tone te trap nie? In die lig daarvan, kom hul hofsaak dus neer op niks anders as boeliery, gesigkopery en globale aandagsoekery nie. Dis kleinlik.

Suid-Afrika is stil oor erge en ontstellende menseregteskendings regoor Afrika en in die Midde-Ooste wat met juntaregerings en jihadistiese geweld teen militêre en burgerlike teikengroepe in lande soos Benin, Burkina Faso, Chad, DRK, Kenia, Mali, Neger, Nigerië, Pakistan, Zimbabwe en andere verbind word en oor staatsondersteunde vervolging van Christene in lande soos Afghanistan, Eritrea, die Fillipyne, Indië, Iran, Kenia, Libië, Nigerië, Noord-Korea, Pakistan, Saoedi-Arabië, Sirië, China, Somalië, Sudan, en Jemen.

Suid-Afrika was stil oor jarelange menseregteskendings en mishandelings van Caprivi-separatiste in Namibië en is stil oor menseregteskendings teen vrouens en gay mense in Islamitiese en Moesliemgesinde lande en landstreke, asook oor menseregteskendings in Ethiopië wat tot ’n grootskaalse en wydverspreide hongersnood kan lei ten spyte van hul (Suid-Afrikaanse) inklusiewe Grondwet. Is ál hierdie mishandelings dan minder belangrik as die Gasa-oorlog of word Suid-Afrika bloot as pion deur BRICS en ander bondgenote gebruik?

Suid-Afrika is stil oor die eerste volksmoord op Afrika-bodem toe die Duitsers derduisende ongewapende Namibiërs deur generaal Adrian Dietrich Lothar von Trotha se uitwissingsbevel aan die begin van die twintigste eeu na Christus op brute wyses neergefel het en die meegaande soeke na reg en geregtigheid vir die nasate van die slagoffers van daardie volksmoord.

Suid-Afrika is stil oor die metodiese onderdrukking en uitsluiting van hul inheemse minderhede soos die Griqua, Karretjiemense, Kora, Khoekhoe, Kleurlinge, Riemvasmakers, San, ensomeer, deur demografies-, polities- en ekonomies-dominante rasse wat almal bloot invallers was. Hulle is stil oor die soeke na reg en geregtigheid en vergoeding vir, en herstel van die inheemse Khoesan wat ál hul Suider Afrikaanse voorvaderlike grond en natuurlike bronne deur die onmenslike en selfsugtige toedoen van andere verloor het en derhalwe onder volgehoue gehawende en verlammende armoede gebukkend gaan.

Suid-Afrika sluit sy oë en ore vir en draai sy rug op die wydverspreide dwelm- en bendenetwerk en endemiese geweld op die Kaapse Vlaktes waardeur derduisende jongmense jaarliks sterf en gesinne en gemeenskappe ’n hoopvolle toekoms ontsê word. Is die lewens van hul eie burgers dan minder belangrik as dié van Palestyne?

Suid-Afrika is stil oor plaasmoorde op eie bodem en oor Islamitiese militante en vyandige houdings teenoor Westerse en Christelike lande asook teenoor Israel. Vergeet hulle dan só gou dat die ekstreme en militante Mosambiekse Islamitiese Staat hulle ’n paar jaar gelede met invalle en tereuraanvalle gedreig het? Vergeet hulle só gou van 9/11? Wat sou Suid-Afrika gedoen het as dít met hulle sou gebeur?

’n Allersnaakse fenomeen is dat Suid-Afrika en die wêreld daarbuite, buite rekening laat dat Israel en die Jode ’n baie ou geskiedenis van oor die vierduisend jaar het vergeleke met Palestina, Islam en die VN se relatiewe jong geskiedenisse. Ons vergeet gerieflikheidshalwe dat die Israeli’s net een baie klein landjie het teenoor 57 Moesliemlande en besetting van groot dele deur Moesliems in ’n paar ander lande. Suid-Afrika versuim (of weier?) om dít in ag te neem.

Volgens president Cyril Ramaphosa, het Suid-Afrika ’n morele plig om teen menseregteskendings en oënskynlike, beweerde volksmoorde op te tree in die lig van Suid-Afrika se bitter ervaring van kolonialisering en apartheid, maar spreek homself nie uit teen menseregteskendings van minderhede, inheemses en plaasboere in suidelike Afrika nie. Dis lakbare huigelary. Intussen ontneem sy ANC-regering Suid-Afrikaners van ’n gehalte leefstyl met onophoudelike beurtkrag en kragonderbrekings in ’n land met genoegsame bronne vir blywende oplossings. Dis sabotasie wat grens aan hoogverraad. Is dit dalk tyd dat Suid-Afrika ook hof toe gesleep word?

Om nóú hul ondeurdagte besluit te wil verweer en regverdig om sodoende vure te probeer blus, is gans en al té laat en sal vir Suid-Afrika duur te staan kom. Die Israelse vlugstakings na Suid-Afrika is maar die begin. Laat dit ’n les vir Namibië wees wat ook indirek daaronder sal ly. En laat Swapo hul volgende stap wys kies, nie slapende honde wakker maak nie en lig loop, want die bloedreuk en stank van gister en knaende smekende geroep van onskuldige en weerlose slagoffers om geregtigheid vanuit die buik van die aarde, hang swaar in die lug.

Om af te sluit, vra ek vir Suid-Afrika, die ANC en president Ramaphosa dieselfde effens gewysigde vraag wat wyle oudpresident Nelson Mandela destyds die Amerikaners gevra het: Wie het gesterf en vir bloedbesmeerde Suid-Afrika skielik die polisieman van die wêreld gemaak? Weet president Ramaphosa nie, dat vier vingers terugwys nie en hoekom is die wêreld blind vir opsigtelike ongeregtighede wat in Suid-Afrika aangaan?

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%